Enige befondsing or beursvrae? Skakel asseblief Studentefinansies Kliëntediens by 021 808 3530 of teken ‘n navraag op die nuwe Dienstoonbank-portaal.

Die Universiteit Stellenbosch moedig studente aan om aansoek om finansiële bystand te doen

Stellenbosch, 1 Julie 2024 Die Universiteit Stellenbosch (US) kondig graag die opening van aansoeke om US-Befondsingsgeleenthede vir Voorgraadse Studente vir 2025 aan.

Aansoekdatums

  • Huidige studente: Aansoeke is vanaf 1 Julie 2024 – 30 September 2024 oop
  • Voornemende studente: Aansoeke is slegs vanaf 1 – 31 Oktober 2024 oop

Die US moedig alle huidige en voornemende studente aan om aansoek om beurse vir 2025 te doen. Befondsingstoekennings word op finansiële behoefte en/of akademiese meriete gegrond.

Alle aansoekers word aanbeveel om eers die inligting oor die Aansoekproses en watter ondersteuningsdokumente benodig word op die SVBL se webwerf na te gaan. ‘n Student se unieke, 8-syfer US-studentenommer sal toegang tot die aanlyn aansoekportaal toelaat. Die aansoekproses is toeganklik en gebruikersvriendelik en – sodra al jou ondersteuningsdokumente gereed is om opgelaai te word – neem dit net ongeveer 15 minute om die vorm te voltooi.

Volgens die Hoof van Institusionele en Korporatiewe Fondse, Bianca Andrews, het hulle verlede jaar net so oor die 9 000 aansoeke om befondsing ontvang. “Die vaartbelynde proses het hindernisse uit die weg geruim en verseker dat elke student ’n gelyke kans gehad het om aansoek te doen.”

Andrews sê ook dat die SVBL beurse vir eksterne skenkers volgens spesifieke kriteria, insluitend finansiële behoefte, akademiese prestasie en leierskap, bestuur en administreer. Om vir een van hierdie beurse in aanmerking te kom, moet aansoekers ’n bykomende unieke aansoekvorm voltooi en dit op die relevante plek tydens die aanlyn aansoekproses oplaai. Daar is ook verskeie US-familiebeurse beskikbaar vir studente wat, onder andere, hulle afkoms kan bewys.

Andrews het afgesluit deur te sê: “Ons sien uit daarna om die befondsingsaansoeke vir 2025 te ontvang en sal aanhou om daartoe te streef om studente op hulle akademiese reis by te staan.”

Neem asseblief kennis dat US-befondsing beperk is en ’n aansoek jou nie van befondsing waarborg nie. Vir meer inligting, besoek US Beurse en Lenings se webwerf.

Vir befondsingsnavrae, skakel US-Kliëntediens by 021 808 3530 of stuur ’n e-pos na info@sun.ac.za. Indien jy ’n e-pos stuur, gebruik asseblief die volgende onderwerpreël en vervang “#” met jou US-studentenommer: # / SUFO-25. Dit sal ons help om doeltreffend op jou navraag te reageer.

Kliek hier om nou aansoek te doen.