Any funding or bursary questions? Please call Student Finances Client Service team on 021 808 3530 or ’n versoek on our service desk portal.

Aangebied deur die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL), die Funding 101-inligtingsessies (slegs in Engels) is ʼn geleentheid om kennis te verwerf wat jou sal help om jou jaar se finansiële omstandighede te bestuur – ’n stap in die rigting na finansiële selfbemagtiging. Onderwerpe wissel van US-befondsing tot NSFAS en studielenings. Ons sal ook die huurooreenkomsprotokol, toelae en uitbetalings, asook administrasievereistes (NSFAS-toestemmingsvorms en die appèlproses) dek.

Alle beursbefondsde voorgraadse studente word aangemoedig om dit by te woon – veral diegene wat aansoek gedoen het om of reeds befonds word deur die Universiteit Stellenbosch, SETA, Funza Lushaka, NSFAS, of ander.

HOEKOM Funding 101: Maklike stappe om jou finansiële omstandighede te bestuur
WAT ’n 50-minute-inligtingsessie: 2 per dag
WANNEER Woensdag, 14 tot Vrydag, 16 Februarie 2024
WAAR Stellenboschkampus – verskeie lesingslokale
HOE Gaan na jou e-posbus. Vind Funding 101 e-pos. Klik op die skakel. Bespreek jou plek.

Kies asseblief een Funding 101-inligtingsessie (eerstejaar- of seniorjaartydgleuf) om jou bywoning te bevestig. Aangesien daar beperkte sitplek is (250 per sessie), kan jy kies om die sessie in persoon of aanlyn via Teams by te woon. Besprekings open Vrydag 9 Februarie 2024.

Neem asseblief kennis dat die Teams aanlyn-vergaderingsessieskakels op Maandag, 12 Februarie 2024 per e-pos gestuur sal word.

DOWNLOAD Info session presentation in pdf format (please note it’s 3MB): FUNDING101-summary