US-befondsing
Finansiële behoefte behoort nie ’n voornemende student te verhinder om aan die Universiteit in te skryf nie.
Finansiële behoefte behoort nie ’n voornemende student te verhinder om aan die Universiteit in te skryf nie.
Die Universiteit Stellenbosch (SU) glo dat elke student wat die potensiaal het om akademiese studies suksesvol aan te pak, sover prakties moontlik die toepaslike geleenthede gebied moet word. Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) streef dus daarna om soveel as moontlik ondersteuning te bied aan studente wat toelating tot die Universiteit kry, maar nie oor die finansiële middele beskik om te studeer nie.
Die US het egter nie onbeperkte fondse beskikbaar nie. Dit beteken dat ’n student nie net op die Universiteit vir finansiële ondersteuning kan staatmaak nie. Die feit dat ’n student aansoek gedoen het om ’n beurs, waarborg ook nie dat so ’n beurs aan die student toegeken sal word nie.
Voornemende studente (met voorlopige toelating tot ’n studieprogram; dit beteken dat jy ’n unieke 8-syfer US-studentenommer ontvang het) en huidige voorgraadse studente kan aansoek om finansiële hulp doen. Jy moet ook ’n Suid-Afrikaanse burger wees.
Geen beurse of fondse word deur SVBL vir NGOS- en PG LLB- studente bestuur of geadministreer nie.
Besoek asseblief die Nagraadse Kantoor, please visit the Postgraduate Office website.
US-befondsing
Voornemende en huidige voorgraadse studente kwalifiseer vir US- finansiële ondersteuning op grond van twee hoofkriteria: finansiële behoefte en akademiese meriete
Studente ontvang finansiële hulp, ongeag hulle ras en geslag, in direkte verhouding tot die omvang van hulle finansiële behoefte soos bepaal deur die dokumentasie oor finansiële omstandighede wat ingedien en deur ’n derde party geverifieer word.
Daar is ’n nuwe aanlyn proses doen wat jou vanaf jou my.sun -rekening na ’n veilige webwerf neem om jou e-aansoek te voltooi. Ons beveel aan dat jy eers eers Hoe om Aansoek te doen lees en al die ondersteuningsdokumentasie voorberei wat jy vir jou aansoek benodig.
Die US bied ook merietetoekennings vir jaar-tot-jaar- akademiese prestasie aan. Verskeie spesiale beurse is beskikbaar vir diegene wat op ’n provinsiale of ’n nasionale vlak sport presteer het.
US- eksterne skenkerbefondsing
Die US ontvang eksterne skenkerbefondsing wat vir beurse geoormerk is...
Die SVBL bestuur en administreer hierdie beurse namens eksterne skenkers en volgens spesifieke finansiële behoefte, akademiese en/of ander kwalifiserende kriteria.
Neem asseblief sorgvuldig kennis van die unieke aansoekvorms en verskillende sluitingsdatums vir die eksterne skenkerbeurse wat hieronder gelys en in die Beurskalender uiteengesit word.
Om genomineer te word, moet studente aansoek om US-befondsing via die nuwe aanlyn proses doen wat jou vanaf jou my.sun account to a secure site to complete your e-application.
Ons beveel aan dat jy eers eers Hoe om Aansoek te doen lees en al die ondersteuningsdokumentasie voorberei wat jy vir jou aansoek benodig.
Befondsing vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Die Sentrum vir Studenteadministrasie (SSA) op die Tygerberg-kampus is daarop toegespits om ’n omvattende diens aan voornemende en huidige...
studente aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) te lewer wat die administrasie van voorgraadse beurse insluit.
Beursbeamptes op die Tygerberg-kampus kan hulp aan FGGW-studente verleen met betrekking tot US-befondsing, eksterne skenkerbeurse of nie-US-befondsing, maar enige NSFAS-verwante navrae moet aan die US-kampushulptoonbank by nsfas@sun.ac.za gerig word.
Kyk hier na die befondsingsopsies wat beskikbaar is vir FGGW- voorgraadse studente.
SA Staatsbefondsing
Die Suid-Afrikaanse regering bied tersiêre befondsingsopsies aan voornemende universiteitstudente wat aan die volgende minimum kiesbaarheidskriteria voldoen:
- die student is ’n Suid-Afrikaanse burger
- die student is tans in graad 12 en het tot dusver goeie akademiese uitslae behaal, of het graad 12 met goeie akademiese uitslae voltooi
Aansoek word direk by die regering gedoen en sluitingsdatums verskil, so maak asseblief seker dat jy betyds aansoek doen.
Neem asseblief kennis dat die Universiteit Stellenbosch nie die aansoekproses of die keuringsproses vir enige staatsbefondsing bestuur nie; die Universiteit help slegs met die administrasie van beursuitbetalings aan suksesvolle ontvangers onder opdrag van die staatsagentskap.
SVBL moedig alle studente aan wat om staatsbefondsing aansoek doen om ook om US- finansiële hulp aansoek te doen indien jy nie deur NSFAS of ’n ander staatsopsie aanvaar (en dus befonds) word nie. Daar is ’n nuwe aanlyn proses doen wat jou vanaf jou my.sun -rekening na ’n veilige webwerf neem om jou e-aansoek te voltooi. Ons beveel aan dat jy eers eers Hoe om Aansoek te doen lees en al die ondersteuningsdokumentasie voorberei wat jy vir jou aansoek benodig.
Nie-US-befondsing
Daar is alternatiewe befondsingsopsies wat studente kan verken – van skarefinansiering tot beurse wat privaat maatskappye aanbied in ruil daarvoor dat jy vir ’n sekere tydperk vir hulle werk nadat jy jou studies voltooi het...
Ernstige finansiële behoefte word nie noodwendig gebruik om kandidate te kies nie en aangesien aansoekdatums ook verskil, moet jy sorg dat jy jou opsies goed navors en betyds aansoek doen.
Ons moedig alle voornemende en huidige voorgraadse studente aan om alle beskikbare finansiële bystandsweë te verken en het vir hierdie doeleinde ’n lys van befondsingsopsies en hulpbronne as ’n beginpunt saamgestel.
US-befondsing
Beurskalender
Die Beurskalender is ’n omvattende lys van finansiële hulp wat vir die 2023- akademiese jaar beskikbaar is. Beurse word volgens fakulteit gegroepeer en sluit US-befondsing, US- eksterne skenkerbefondsing en korporatiewe beurse in. Neem asseblief kennis dat die keerdatums vir aansoeke vir die verskillende kalenderinskrywings verskil.
Daar is ’n nuwe aanlyn proses doen wat jou vanaf jou my.sun -rekening na ’n veilige webwerf neem om jou e-aansoek te voltooi. Ons beveel aan dat jy eers eers Hoe om Aansoek te doen lees en al die ondersteuningsdokumentasie voorberei wat jy vir jou aansoek benodig.
US-befondsing
Beurskalender: FGGW
Die Beurskalender is ’n omvattende lys van finansiële hulp wat vir die 2023- akademiese jaar beskikbaar is.
Beurse word volgens fakulteit gegroepeer en sluit US-befondsing in. Beurse vir die meeste fakulteite kan op bladsy 8-17 gevind word en dié spesifiek vir FGGW- voorgraadse studente op bladsy 47-49.
FGGW-BEFONDSING
FGGW iThemba-beursfonds
As deel van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se volgehoue strewe om sy waardes, visie en missie te verwesenlik, bevorder die fakulteit aktief toegang tot gehalte opvoeding en werk die fakulteit hard om studentesukses te verseker. Die FGGW iThemba-beursfonds is in 2015 geskep ten bate van studente wat alle ander opsies om hulle studies te befonds, uitgeput het.
Die FGGW het beperkte befondsing vir 2023 beskikbaar vir TygerMatie voorgraadse studente in finansiële nood.
Let asseblief op die volgende belangrike punte oor die beursfonds:
- Toekennings word deur finansiële behoefte en aan studente toegeken wat alle ander beskikbare befondsingsopsies uitgeput het
- Aansoekers moet bewys lewer dat hulle nie gekwalifiseer of toegang gehad het tot enige ander fondse, beurse en/of lenings nie
- Nie-SA burgers sal oorweeg word
- Voorgraadse studente in hulle finale jaar en MBChB-studente in hulle vyfde jaar sal nie vir hierdie beursfonds oorweeg word nie indien hulle nie kan bewys dat hulle gebruik gemaak het van alle beskikbare befondsingsopsies (bv. ’n gesekureerde Standard Bank lening) of dit oorskry het nie
- Die Universiteit behou die reg om die geldigheid van alle inligting te bepaal en die aansoek en/of beurstoekenning te kanselleer indien vals inligting voorsien is
- Toekennings beloop tot ’n maksimum van R50 000 en is slegs geldig vir die 2023 akademiese jaar (toekennings wat hierdie bedrag oortref, kan onder buitengewone omstandighede en op grond van meriete van geval tot geval gemaak word)
- Die Universiteit behou die reg om die iThemba-toekenning terug te trek indien daar gedurende die jaar ander fondse aan ’n ontvanger toegeken word wat alle studieverwante uitgawes dek
- Die iThemba-toekenning mag nie vir historiese studieverwante skuld gebruik word nie
Hoe om aansoek te doen
Stap 1 Laai die aansoekvorm af en voltooi dit.
Stap 2 Kry al die nodige ondersteuningsdokumente bymekaar wat op die aansoekvorm aangedui word. Stoor al hierdie dokumente in een PDF-lêer. Gebruik asseblief jou US# as ’n voorvoegsel wanneer jy die lêer benoem, bv. ‘12345678-iThemba’.
Stap 3 Daar is twee maniere om jou aansoek in te dien:
E-pos jou aansoek na tygbursaries@sun.ac.za. Onthou om jou US# in die onderwerpreël aan te dui, bv. ‘US# / iThemba-aansoek’ en maak seker dat jy die aansoekvorm en die ondersteuningsdokument in pdf-formaat aangeheg het; of
Hand aflewering Plaas jou gedrukte aansoek en ondersteuningsdokumente in ’n duidelik gemerkte koevert en lewer dit per hand af by die Beurskantoor, Kamer 1043, Kliniese Gebou, Tygerbergkampus.
Aansoeke sluit op 22 Maart 2023. Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie.
US-befondsing
DW Ackermann-beursfonds
Die DW Ackermann-beursfonds is slegs oop vir voorgraadse ingenieurstudente wat aan die volgende kiesbaarheidskriteria voldoen:
Studierigting
- student is voorlopig aanvaar om in 2023 enige graadprogram wat deur die Fakulteit Ingenieurswese aangebied word, te studeer
- student gaan in 2023 vir die eerste keer vir ’n ingenieursgraad studeer
Akademiese meriete
- student behaal ten minste 75% gemiddeld in hulle finale graad 12-uitslae – Lewensoriëntering uitgesluit – en met 75% vir Wiskunde en 70% vir Fisiese Wetenskappe
Finansiële behoefte
- student kom uit ’n huis met ’n bruto huishoudelike inkomste van hoogstens R600 000 per jaar (R50 000 per maand)
Die waarde van die beurs word deur ’n keuringspaneel bepaal wat die finansiële behoefte en akademiese potensiaal van aansoekers in ag neem. Voortsetting van die beurs is afhanklik van akademiese prestasie soos deur die DW Ackermann-beursfondskomitee bepaal.
Die aansoekproses geskied per e-pos. Laai asseblief die DW Ackermann aansoekvorm af en voltooi dit, en e-pos dit dan na sunfinaid@sun.ac.za. Dit is uiters belangrik dat jou e-posonderwerpreël jou unieke US-studentenommer bevat en soos volg geskryf word: 'US# / DW Ackermann-aansoek’.
Vir enige navrae, skakel asseblief die Universiteit Stellenbosch Fakulteit Ingenieurswese by 021 808 3947 of skakel die US-kliëntediens by 021 808 9111.
Aansoeke sluit 31 Januarie 2023
US-befondsing
Merietebeurs
Eerstejaarmerietebeurse
Vanaf die 2023 akademiese jaar is daar vier kategorieë van intreerede Voorgraadse Toekennings vir Uitnemendheid om aan eerstejaarstudente toe te ken. Hierdie beurse word uitsluitlik op grond van skolastiese of akademiese prestasie toegeken en daar is geen aansoekproses vir hierdie merietetoekenning nie.
Seniorjaarmerietebeurs
Nominasies word op grond van die eksamenuitslae van die voorafgaande studiejaar saamgestel en seniorjaarstudente met ’n geweegde gemiddeld van 75% of hoër en wat in die top vyf (5) persent per fakulteit val, kwalifiseer vir ’n merietebeurs. Daar is geen aansoekproses nie.
US-befondsing
Werwingsbeurs
Die werwingsbeurs sal vanaf 2023 nie aan enige eerstejaarstudente toegeken word nie.
Huidige beursontvangers sal steeds ondersteun word.
US-befondsing
Sportbeurs
Verskeie spesiale beurse is beskikbaar vir diegene wat op ’n provinsiale of ’n nasionale vlak in sport presteer het.
Hierdie beurse word nie deur die SVBL toegeken of geadministreer nie en verskyn dus nie op die beurskalender nie. Stuur asseblief ’n e-pos aan Maties Sport by matiessport@sun.ac.za of skakel 021 808 4642 vir meer besonderhede oor die dokumente wat jy benodig om jou prestasie te staaf.
Kyk hier na die sportkodes.
US-eksterne skenkerbefondsing
Dippenaar-familietrust
’n Familiebeurstrust bou nie net ’n blywende ondersteuningsbasis nie, maar bou ook die land. Dit het Laurie en Estelle Dippenaar besef toe hulle die Dippenaar-familiebeurstrust tot stand gebring het. Die Dippenaars het oor die afgelope 20 jaar meer as 350 studente van die Universiteit Stellenbosch op hulle pad na sukses, deur hierdie familiebeurstrust, gehelp.
Die Dippenaar-familiebeurstrust ondersteun jaarliks tussen 15 tot 20 studente en stel hierdie studente in staat om op hulle studies te fokus, sonder die stres dat hulle moontlik moet opskop weens ’n gebrek aan befondsing. Die meeste van hulle beursontvangers is eerstegenerasie-universiteitstudente wat nie die finansiële hulpbronne tot hulle beskikking het om hierdie groot stap te neem nie. Een van hierdie studente, Siyabonga Ndlovu, het BCom Bestuurswetenskap studeer en wil graag wyses vind om ware korporatiewe sosiale waarde in sy toekomstige loopbaan te skep. Sonder die ondersteuning van die Dippenaar-familietrust sou sy droom van sosiale entrepeneurskap onbereikbaar wees.
“Wanneer ’n student weet dat hulle studies ten volle gedek is, en dat daar geen gaping in befondsing of tekorte is waarvoor hulle self voorsiening moet maak nie, het hulle dikwels meer selfvertroue wat hulle aanspoor om te kan fokus op dit wat nodig is om die uitdagings van ’n moeilike akademiese jaar die hoof te bied," sê Arrie Hanekom, gewese hoof van SVBL.
Hierdie beurs is vir voorgraadse studente aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met ’n gemiddeld van 60%. Die waarde van die beurs word deur ’n keuringspaneel bepaal wat aansoekers se finansiële behoefte en akademiese potensiaal in ag neem.
Laai die unieke aansoekvorm* af en vul dit in. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om dit op te laai.
Aansoeke sluit op 30 November*. (*nuwe sluitingsdatum)
US-eksterne skenkerbefondsing
Doris Crossley-beurs
Mnr. en mev. Crossley het die voordeel van beide tersiêre onderrig en navorsing gesien, en albei het feitlik hulle hele onafhanklike boedels vir die vorming van hulle individuele stigtings agtergelaat.
Politieke en godsdienstige studies is die enigste studierigtings wat kragtens die bepalings van die akte van befondsing uitgesluit is.
Jy kan hier oor die stigting lees.
Laai die unieke aansoekvorm* af en vul dit in. Onthou dat jy twee (2) verwysingsbriewe benodig. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om hierdie ondersteuningsdokumentasie op te laai.
Aansoeke sluit op 15 September
US-eksterne skenkerbefondsing
Du Toit Hugenote-beurs
Hierdie beurs word hoofsaaklik op grond van finansiële behoefte, akademiese prestasie en leierskappotensiaal toegeken. Alle kandidate moet twee van die modules in hulle program in Afrikaansstudeer. As alle ander faktore gelyk is, geniet kandidate van Hugenote-afkoms voorkeur.
Laai die unieke aansoekvorm* af en vul dit in. Onthou dat jy ’n motiveringsbrief en ’n beëdigde verklaring vir die Afrikaanse modules benodig. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om hierdie ondersteuningsdokumentasie op te laai.
Aansoeke sluit op 15 September
US-eksterne skenkerbefondsing
Piet Neethling Opvoedkundige-trustbeurs
Hierdie beurs versoek inligting oor leierskapsposisies op skool, besonderhede oor deelname aan skoolsport, kulturele aktiwiteite, stokperdjies en ander belangstellings, redes vir jou studiekeuse en enige ander inligting wat jy wil verskaf om jou aansoek om finansiële bystand te motiveer.
Laai die unieke aansoekvorm* af en vul dit in. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om dit op te laai.
Aansoeke sluit op 15 September
US-eksterne skenkerbefondsing
Russel Botman-beursfonds
Beurse word toegeken op grond van finansiële behoefte, akademiese meriete, Suid-Afrikaanse burgerskap, gemeenskapsbetrokkenheid en leierskap, sowel as deursettingsvermoë en sukses behaal.
Laai die unieke aansoekvorm af en vul dit in. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om dit op te laai.
Aansoeke sluit op 30 November* (*nuwe sluitingsdatum)
US-eksterne skenkerbefondsing
Sheila Brand-beurs
Die volgende kriteria – in geen volgorde van voorkeur nie en volgens die uitsluitlike goeddunke van die fonds – sal in ag geneem word by die toekenning van beurse:
- Finansiële behoefte (hetsy ten opsigte van die hele of ’n gedeelte van die studiebehoeftes vir ’n akademiese jaar)
- Akademiese meriete
- Prestasie in leierskap, sport, kultuur en gemeenskapsdiens
Graad 12-aansoekers se aansoek moet deur ’n motiveringsbrief van die leerling se skoolhoof vergesel word wat noem waarom die skoolhoof die aansoeker as ’n waardige kandidaat vir die beurs beskou. Onthou asseblief om hierdie brief saam met jou unieke aansoekvorm op te laai wanneer dit in die e-aansoekproses gevra word.
In die geval van ’n konflik tussen die Afrikaanse en Engelse weergawes van die aansoekvorm, sal die Engelse weergawe voorkeur geniet.
Hierdie beurs mag nie sonder die toestemming van die trustees gelyktydig met ander studiebeurse of toekennings gehou word nie.
Alle aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud met die trustees, op hulle eie onkoste, indien dit versoek sou word.
Laai die unieke aansoekvorm* af en vul dit in. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om dit op te laai.
Aansoeke sluit op 30 September
US-eksterne skenkerbefondsing
Vlakte-beurs
Vorige inwoners en afstammelinge (kinders en kleinkinders) van diegene wat in “Die Vlakte” op Stellenbosch gewoon het en in die 1960’s gedwing is om te verhuis, kan vir hierdie beurs aansoek doen. Die Vlakte-gebied word deur Muller-, Ryneveld-, Banghoek-, Smuts-, Merriman- en Birdstraat begrens. Jy kan meer oor hierdie beurs hier lees.
Laai die unieke aansoekvorm* af en vul dit in. Jy sal naby die einde van die aanlyn aansoekvorm gevra word om dit op te laai.
Aansoeke sluit op 30 September
SA Staatsbefondsing
COID- vergoedingsfondsbeurs
NEEM ASSEBLIEF KENNIS DIE GESKIKTHEIDSKRITERIA, AANSOEKVORM, EN AANSOEK KNOPPIE IS SLEGS IN ENGELS BESKIKBAAR / Voorgraadse studente word genooi om aansoek te doen vir die SA regering se 2023 Vergoedsfonds-beurskema (COID).
Hierdie beurs dek klasgelde, boektoelae, maandelikse lewenstoelaag, en inrigting-geakkrediteerde verblyfkoste in ooreenstemming met die NSFAS/DHOO-riglyne.
Verwys asseblief eers na die geskiktheidskriteria, en neem dan kennis dat jy die volgende ondersteuningsdokumente sal moet voorberei om jou aansoek te voltooi:
- gesertifiseerde afskrif van ID (student en ouers/wettige voodge);
- sertifisering en verifikasie van fisiese gestremdheid as jy ‘n student is wat met ‘n gestremdheid leef;
- bewys van COID pensioenaris ouer-/voogskap, indien jy die afhanklike is van ‘n COID Pensioenaris of ‘n afhanklike van ‘n noodlottig beseerde werker;
- en bewys van inkomste vir ouers/wettige voogde.
Om aansoek te doen, moet jy die aansoekvorm voltooi en dit saam met jou ondersteuningsdokumente oplaai.
Aansoeke sluit om middernag Donderdag, 2 Maart 2023. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie.
SA Staatsbefondsing
DLGLO/DALRRD
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DLGLO) is van voorneme om omvattende beurse vir die 2023- akademiese jaar toe te ken aan kwalifiserende aansoekers wat tans vir geïdentifiseerde loopbane in landbou, grondhervorming, en landelike ontwikkeling studeer en/of van voorneme is om hulle studies daarin voort te sit.
Die beurs dek klasgelde, verblyf, handboeke, etes en ’n maandelikse toelae vir studente uit voorheen benadeelde bevolkingsgroepe en behoeftige persone uit armoedige en landelike gemeenskappe.
Die aansoekproses vind per e-pos plaas en studente moet dokumentasie ter ondersteuning van hulle aansoek aanheg. Hierdie dokumentasie sluit in ID’s, doodsertifikate (indien van toepassing), gesertifiseerde afskrifte van jou kwalifikasies, akademiese rekord/graad 12-uitslae en universiteitsaanvaardingsbrief, gesinsinkomste (’n salarisstrokie wat nie ouer as drie maande is nie), SASSA (indien van toepassing) en bewys van werkloosheid vanaf die Departement van Arbeid (indien van toepassing).
Jy kan meer inligting hier vind.
Aansoeke sluit 31 October
SA Staatsbefondsing
FUNZA LUSHAKA
Die Funza Lushaka-beursprogram is oop vir voornemende studente wat tot die Universiteit aanvaar is vir ’n vierjarige Baccalaureusgraad in Opvoedkunde met spesialisering in die Grondslagfase (Graad R – 3), Intermediêre Fase (Graad 4 – 6), Senior Fase (VOO) (Graad 7 – 12). Daar is ook ’n beurs beskikbaar vir ’n eenjarige Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS/PGCE).
Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat vakke in die driestroomkurrikulum wil studeer.
Jy moet 30 jaar of jonger wees om vir hierdie berus te kwalifiseer.
Wat is die voorkeurvakke?
Grondslagfase (GF) Graad R – 3 met voorkeur vir Suid-Afrikaanse inheemse tale.
Intermediêre Fase Graad 4 – 6 met voorkeur vir ’n onderrighoofvak in twee van die volgende: Tale, Wiskunde, en Natuurwetenskappe & Tegnologie.
Senior Fase (VOO) Graad 7 – 12 met voorkeur vir ’n onderrighoofvak in twee van die volgende: Landboutegnologie, Siviele Tegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika & -ontwerp, Inligtingstegnologie, Wiskunde, Meganiese Tegnologie, Fisiese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde, en Tegniese Wetenskap.
Brailleskrif en Suid-Afrikaanse gebaretaal is beskikbaar in al drie fases.
Neem asseblief kennis dat elke provinsie sy eie voorkeurvakgebiede het. Aansoekers kan een voorkeurvak uit die provinsiale vakke kies.
Wat dek die beurs?
Die beurs dek klasgelde, verblyf (etes ingesluit), boeke en leermateriaal, en indien moontlik, ’n klein toelaag vir maandelikse lewenskoste. Daar word van beursontvangers verwag om vir ’n tydperk gelykstaande aan die duur van die beurs wat ontvang is by ’n teach at a public school equivalent to the duration of the bursary received.
Aansoek word net aanlyn plaas. Besoek Funza Lushaka vir meer inligting oor die kiesbaarheidskriteria en om ’n aanlyn profiel op die e-gov-portaal te registreer. Sodra jy aangemeld het, gaan na die e-dienste-opsielys en kies die Funza Lushaka-beurs. Volg dan die instruksies.
Indien jy enige navrae het, stuur ’n e-pos na inquiries.funzalushaka@dbe.gov.za of skakel die Departement van Basiese Onderwys by 012 357 3000.
Aansoeke maak 17 Oktober oop en sluit 30 November (heraansoeke vir bestaande/terugkerende ontvangers) en 3 Februarie 2023 (nuwe aansoeke)
SA Staatsbefondsing
MKO-SOOO/MQA-SETA
Die Mynboukwalifikasie-owerheid (MKO) is ’n sektorale onderwys- en opleidingsowerheid (SOOO) vir die mynbou- en mineralesektor ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet 97 van 1988.
Die MKO nooi graad 12-leerders en huidige voorgraadse studente om aansoek te doen om ’n MKO-beurs vir die 2023- akademiese jaar.
Altesaam 700 beursgeleenthede is beskikbaar. Die beurs dek klasgelde en toelaes vir verblyf, handboeke, en etes.
Kiesbaarheidskriteria
As jy ’n Suid-Afrikaanse burger is en een van die volgende programme aan ’n universiteit studeer, kwalifiseer jy om aansoek te doen:
analitiese chemie, chemiese ingenieurswese, elektriese ingenieurswese, elektromeganiese ingenieurswese, omgewingsgesondheid en bestuur, geologie, bedryfsingenieurswese, juwelierswareontwerp en -vervaardiging, meganiese ingenieurswese, metallurgiese ingenieurswese, mynopmeting, mynbou-ingenieurswese, beroepsgesondheid en -veiligheid, beroepshigiëne, beroepsgeneeskunde, operasionele bestuur of gehalte bestuur.
Voorkeur sal aan die volgende aspekte by die keuring van kandidate gegee word:
- Aansoekers wat as histories benadeelde individue geklassifiseer word
- Finansieel behoeftige aansoekers met ’n bruto huishoudelike inkomste van hoogstens R600 000 per jaar (R50 000 per maand)
- Vroulike aansoekers
- Aansoekers wat in landelike gemeenskappe woon
- Aansoekers wat aansoek gedoen het om aan hulle plaaslike tersiêre instelling te studeer
- Goeie akademiese prestasie
Beursaansoekvorm
Lees die beursbrosjure hier lees. Dit is belangrik dat jy die korrekte vorm via die skakel hieronder aflaai, naamlik die 2023 Unemployed Bursary Application Form.
Aansoeke maak 1 Augustus oop en sluit 1 September. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie.
SA Staatsbefondsing
NSFAS
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) is ’n volkostebeurs vir studente met ’n bruto huishoudelike inkomste van minder as R350 000 per jaar (R29 167 per maand) of vir studente met ’n gestremdheid en ’n bruto huishoudelike inkomste van nie meer as R600 000 per jaar (R50 000 per maand) nie. Vir studente wat voor 2018 begin studeer het, moet die bruto huishoudelike inkomste minder as R122 000 per jaar (R10 167 per maand) wees.
Slegs Suid-Afrikaanse burgers en almal wat ’n SASSA-toelaag ontvang, kwalifiseer vir befondsing. Jy kwalifiseer nie as jy ’n vorige kwalifikasie voltooi het of reeds aansoek gedoen het, gekwalifiseer het en befondsing ontvang het nie. Befondsing is vir die duur van die studieprogram, mits jy jou modules slaag en aan die akademiese vereistes voldoen.
Die beurs dek verblyf (die koste vir privaat verblyf mag nie die koste vir plek in ’n universiteitskoshuis oorskry nie), vervoer (R7 500 per jaar), lewenskoste (R15 000 per jaar), handboeke (R5 300 per jaar) en onvoorsiene/persoonlike versorgingskoste van R2 900 per jaar vir studente wat in koshuise woon waar etes ingesluit is. Bedrae wat aangedui word, moet in ooreenstemming met die jongste goedgekeurde riglyne van die Departement van Hoër Onderwys (DHOO) wees.
Ons stel voor dat jy eers die NSFAS-webwerf besoek om uit te vind hoe om jou eie myNSFAS -rekening te skep (die oortjie regs bo op die webblad) en watter dokumentasie jy benodig om jou aansoek te ondersteun, asook vir meer gedetailleerde inligting en riglyne oor die befondsingskema.
Vir enige navrae, skakel 0800 067 327 (tolvry) of stuur ’n e-pos na info@nsfas.org.za
Aansoeke maak 28 September oop en sluit 31 Januarie 2023
SA Staatsbefondsing
Ander staatsopsies
Sekere staatsdepartementbefondsing vereis dat daar aan unieke kiesbaarheidskriteria voldoen word, soos dat die student byvoorbeeld van ’n spesifieke area/provinsie afkomstig moet wees.
SA Staatsbefondsing
Stellenbosch Munisipaliteit-beurs
Die Stellenbosch Munisipaliteit, in samewerking met die Wes-Kaapse regering se Provinsiale Departement van Finansies, bied met trots hulle beursgeleenthede vir werklose jongmense wat permanent in die Stellenbosch Munisipaliteit se munisipale en omliggende gebiede woon.
Let asseblief daarop dat die beursadvertensie en aansoekvorm slegs in Engels beskikbaar is.
Kiesbaarheidskriteria
- Moet in die Stellenbosch Munisipaliteit se munisipale en omliggende gebiede woon
- Voltydse voorgraadse studies in enige van die volgende studierigtings: finansies, ekonomie, rekeningkunde, voorsieningskettingbestuur, interne oudit, risikobestuur, infrastruktuur (slegs Siviele Ingenieurswese en Bourekene)
Ondersteuningsdokumente
Jy benodig die volgende dokumente om jou beursaansoek te ondersteun. Let asseblief daarop dat jou aansoek nie oorweeg sal word indien jy nie al die vereiste dokumente indien nie.
- Bewys van permanente verblyf in die munisipaliteit se munisipale of omliggende gebiede – dit kan ’n munisipale rekening of beëdigde verklaring wees
- Bewys van maandelikse huishoudelike inkomste (oorspronklike of gesertifiseerde ware afskrif van ’n betaalstrokie of ’n beëdigde verklaring). Verwys na Deel B van die aansoekvorm
- Bewys van universiteitsregistrasie in een van die gespesifiseerde studierigtings, asook bewys van registrasiekoste, klas /studiegelde, studiemateriaal/boekkostes en enige eksamengelde. Verwys na Deel F van die aansoekvorm
- Jou curriculum vitae (CV)
- ’n Gesertifiseerde afskrif van jou studente-ID
- Jou onlangste akademiese rekord/rekords (amptelike uitslag/uitslae)
Aansoekvorm
Indien jy belangstel om aansoek te doen, moet jy die voorgeskrewe aansoekvorm voltooi. Jy kan die vorm here aflaai.
Aansoekproses
Plaas jou voltooide aansoekvorm tesame met jou ondersteuningsdokumente in ’n koevert. Adresseer die koevert aan 'HR Specialist: Training & Skills Development, Human Resources Services’ en koerier dit na of lewer dit per hand af by Pleinstraat 71, Ecclesia-gebou, Stellenbosch. Aansoeke wat gefaks of per e-pos gestuur word, sal nie oorweeg word nie..
Neem kennis van die volgende belangrike punte
- Aansoeke wat gefaks of per e-pos gestuur word, sal nie oorweeg word nie.
- Aansoekers wat nie al die ondersteuningsdokumentasie indien soos versoek is nie, sal nie vir hierdie beursgeleentheid oorweeg word nie.
- Ontvangs van jou aansoek sal nie erken word nie, en geen ondersteuningsdokumentasie sal teruggestuur word nie.
- As jy nie binne 20 werksdae na die sluitingsdatum (d.w.s. teen Dinsdag 28 April 2023) van die Stellenbosch Munisipaliteit hoor nie, kan jy jou aansoek as onsuksesvol beskou.
- Die Raad behou die reg om nie toewysings aan beurse te maak nie.
Indien jy enige navrae het, kontak asseblief óf me Stacy Jacobs by 021 808 8093 of stacy.jacobs@stellenbosch.gov.za óf Michelle Langeveldt by 021 808 8977 of michelle.langeveldt@stellenbosch.gov.za.
Aansoeke sluit op Vrydag 10 Maart 2023.
Nie-US-befondsing
AllBursaries
Die AllBursaries-webwerf bevat ’n lys van al die nuutste beurse wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is. Jy kan die befondsingsopsies volgens onderwerp/industrie en volgens sluitingsdatum sorteer. Só kan jy seker maak dat jy jou aansoek betyds indien. Die webwerf bevat ook gedetailleerde inligting oor die NSFAS-aansoekproses en ander befondsingsgeleenthede.
Nie-US-befondsing
Bloemhof Beursfonds Trust (IT734/2001)
Neem asseblief kennis dat hierdie beurs slegs vir Afrikaanssprekende en Afrikaanshuistaal aansoekers is.
Die Bloemhof Beursfonds Trust se doelstellings is om aan Afrikaanssprekende Christen jong mense studiebeurse en toekennings vir studie, navorsing en onderrig toe te ken om hul drome en ideale te verwesenlik, ten einde ’n positiewe bydrae in die breër Suid-Afrikaanse samelewing te maak.
Riglyne en aanlynaansoekvorm is op die webblad (https://bloemhofbeurstrust.co.za) beskikbaar:
- Afrikaanssprekend (Huistaal en onderrigtaal)
- Christelike geloofsoortuiging
- Slegs voorgraadse studies met die uitsondering van LL.B. studente en Nagraadse Diploma in Hoër Onderwys
- Gesamentlike ouerinkomste van tussen R350 000 en R900 000 per jaar
Aansoekvorm vir voornemende studente.
Aansoekvorm vir studente wat reeds by US ingeskryf is.
Aansoeke sluit op 15 Oktober. (Suksesvolle aansoekers sal teen 25 November in kennis gestel word)
Nie-US-befondsing
Bursaries South Africa
Bursaries South Africa se webwerf bevat omvattende inligting oor beurse vir studente wat hulle tersiêre studies wil begin of verder voortsit en wat ’n sterk akademiese rekord het, maar nie oor die nodige finansiële middele beskik nie.
’n Goeie beginpunt is om na die beurse onder 'Sluit binnekort’ te kyk of om volgens die relevante fakulteit te soek. Die webwerf bevat ook nuttige wenke en raad soos hoe om ’n beursmotiveringsbrief te skryf en wenke om ’n beursaansoek in te dien.
Nie-US-befondsing
Eskom Holdings Bpk
Eskom neem insette uit die natuurlike omgewing – soos steenkool, kern, brandstof, diesel, water en wind – en omskep dit in meer as 90% van die energie wat aan ’n groot verskeidenheid kliënte in Suid-Afrika en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-(SAOG-)streek voorsien word.
Eskom bied universiteitsbeursgeleenthede aan voorgraadse studente wat vir ’n BIng en/of BSc Elektriese Ingenieurswese (Sterkstroom en Swakstroom) en Megatronika studeer.
Minimum vereistes
- moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees
- moet in 2022 gematrikuleer het
- moet voorwaardelik tot universiteit aanvaar wees om een van die volgende te studeer:
BIng/BSc Elektriese Ingenieurswese (swakstroom)
BIng/BSc Elektriese Ingenieurswese (sterkstroom)
BIng/BSc Megatroniese Ingenieurswese
- die aansoeker moet nie enige ander beurs hê of by enige tersiêre instelling geregistreer wees nie
Keuringskriteria
- 2022 se graad 12-uitslae met ’n minimum van: Engels vlak 4, Suiwer Wiskunde vlak 5 en Fisiese Wetenskappe vlak 5
Finale keuring van ontvangers word op 2022 se finale graad 12-uitslae gebaseer. Suksesvolle kandidate sal binne 28 dae na die sluitingsdatum gekontak word. Aanvaar asseblief dat jou aansoek onsuksesvol was indien jy nie gekontak word nie.
Neem asseblief kennis daarvan dat jy ’n aanlyn gebruikersprofiel moet skep om aansoek te doen.
Aansoeke sluit 27 Januarie 2023
Nie-US-befondsing
FEENIX-skarefinansiering
Feenix is ’n aanlyn fondsinsamelingsplatform wat in Junie 2017 gestig is in reaksie op die #FeesMustFall-beweging wat in 2015 en 2016 oor universiteitskampusse in Suid-Afrika versprei het.
Feenix, waarvan Standard Bank ’n stigtersvennoot is, voorsien studente van die gereedskap om hulle fondsinsamelingspogings te formaliseer en voorsien befondsers van ’n kanaal om studente op te spoor wat hulle wil ondersteun.
Besoek die feenix -webwerf vir meer inligting en om aan te sluit.
Nie-US-befondsing
FUNDI-studielening
FUNDI is ’n Suid-Afrikaanse onderwysfinansieringspesialis. Die maatskappy se doel is om studente te help om hulle drome te verwesenlik deur lenings teen voorkeurkoerse aan hulle te bied om die koste te dek vir hulle om ’n tersiêre instelling by te woon.
Verwys na hierdie pamflet en gaan asseblief die beursaansoekvorm hieronder na vir betalingsvoorwaardes, asook die reëls en kriteria, en e-pos dan jou voltooide vorm na thornw@fundi.co.za to discuss your options.
Nie-US-befondsing
GrandWest-beursskema
Sun International het ’n trotse nalatenskap in die dobbel-, gasvryheids- en vermaakbedryf, met diverse bates, waaronder wêreldklas vyfsterhotelle, moderne en goed geleë casino’s en van die wêreld se beste oorde. GrandWest-beursaansoeke is nou oop vir voornemende en huidige voorgraadse studente wat in die Wes-Kaap woon, in Suid-Afrika gematrikuleer het, jonger as 27 jaar oud is en voltyds studeer.
Studierigtings Toerisme en gasvryheid; Entrepreneurskap; Menslike Hulpbronne; Bemarking; Inligtingstegnologie; Elektriese Ingenieurswese; Landbou; en Meganiese Ingenieurswese.
Die beurs dek registrasie- en kursusgelde. ’n Bykomende bedrag van R5 000 word vir handboeke toegeken. Die beurs dek nie verblyf en skryfbehoeftes nie.
Lees die pamflet en gaan asseblief die beursaansoekvorm hieronder na vir betalingsvoorwaardes, asook die reëls en kriteria, en e-pos dan jou voltooide vorm na studywithgrandwest@suninternational.com. Onvolledige aansoeke sal afgekeur word.
Aansoeke sluit 31 Januarie 2023
Nie-US-befondsing
ISFAP
Die Ikusasa-finansiëlehulpprogram vir studente (ISFAP) is oop vir Suid-Afrikaanse burgers wat in 2023 vir die eerste keer vir ’n graad gaan studeer en wat ’n bruto huishoudelike inkomste van tussen R350 00 en R600 000 per jaar (R29 167 en R50 000 per maand) het.
Studente moet voorlopig tot die Universiteit Stellenbosch vir ’n ISFAP-gesteunde graadprogram aanvaar wees.
Aansoeke maak 18 Mei oop en sluit 31 Oktober
Nie-US-befondsing
Moshal-program
Moshal is daartoe verbind om die gaping tussen ’n uitdagende verlede en ’n belowende toekoms te oorbrug.
As ’n transformasie-organisasie wat geleenthede aan intelligente, jong, finansieel benadeelde persone bied, lei en koester Moshal ook studente om hulle unieke uitdagings te oorkom en ’n voorspoedige toekoms vir hulleself te bou. Moshal kies studente met die potensiaal om uit te blink en befonds hulle studies in dissiplines waarvoor daar ’n hoë aanvraag is en wat ’n uitstekende verdienvermoë het.
Kiesbaarheidskriteria
Studente met ’n bruto huishoudelike inkomste van minder as R200 000 per jaar (R16 667 per maand) en ’n minimum akademiese uitslag van minstens 70% vir Engels, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en/of Rekeningkunde.
Beurse is beskikbaar vir die volgende studieprogramme:
- Handel/Besigheidswetenskap: rekeningkunde/finansies, belegging, inligtingstelsels, wiskunde, ekonomie
- Ingenieurswese: elektriese/elektroniese, megatroniese, meganiese, bedryfs-, rekenaar-, dataingenieurswese
- Gesondheidswetenskap: MBChB, aptekerswese, veeartsenykunde
- Wetenskap: data-, aktuariële, wiskundige, statistieke, rekenaarwetenskap
Die aansoekproses vind aanlyn (data vry) plaas, en jy moet jou aansoek op die Trending Talent (TT)-portaal.
Om jou aansoek te voltooi, moet jy ’n privaatheidsbeleid en instemmingsvorm onderteken en die vereiste ondersteuningsdokumentasie oplaai. Jy benodig die volgende ondersteuningsdokumentasie: ID-dokumente, betaalstrokies, beëdigde verklarings, bewys van maatskaplike toelaes/SASSA, jou uitslae vir graad 11 (Junie) en graad 12 (finaal), drie (3) maande se bankstate, jou universiteitsaanvaardingsbrief, jou NBT-telling en bewys van jou NSFAS-aansoek (indien van toepassing).
Aansoeke maak 1 Augustus 2022 oop en sluit einde-Januarie 2023
Nie-US-befondsing
Openserve
Die Openserve-uitnemendheidsentrum nooi voorgraadse studente in hulle tweede of derde jaar in die studierigting van elektriese ingenieurswese (swakstroom), rekenaaringenieurswese, inligtingstegnologie en rekenaarwetenskap om by hulle beursprogram aan te sluit.
Die kiesbaarheidskriteria sluit onder andere ’n minimum van 70% vir tegnologie-/ingenieursvakke en ’n minimum algehele gemiddeld van 65% vir jou eerste (vir ’n tweedejaarstudent) of tweede (vir ’n derdejaarstudent) studiejaar in. Die beursprogram is slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaanse burgers.
Aansoeke sluit 15 Augustus
Stellenboschkampus
Fisiese adres
Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 808 9111
info@sun.ac.za
Tygerbergkampus
Fisiese adres
Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 938 9129 / 21 808 9111
tygbursaries@sun.ac.za
Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL)
sunfinaid@sun.ac.za
Alle en net NSFAS en FUNZA- beursbystand aan die US (insluitend NSFAS-/FUNZA-studente aan die FGGW)
nsfas@sun.ac.za
Weens die groot hoeveelheid e-posse wat die SVBL ontvang en hanteer, moet alle e-poskorrespondensie ’n studentenommer, ’n beursnaam/-verwysing en ’n kort beskrywing in die onderwerpreël bevat..
Byvoorbeeld: ‘SU#12345678 / NSFAS – versoek om verandering in verblyfvorm’ Dit sal sorg dat ons jou navraag vinnig en doeltreffend kan beantwoord.
Huidige beurstudente word versoek om asseblief ’n bespreking te maak..
'n Virtuele vergadering kan via MS Teams geskeduleer word (dit is ons voorkeurkommunikasiemetode).