Hulpbronne
Hulpbronne
As jy nie die hulpbron opgespoor kry wat jy soek nie, kontak asseblief vir US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek aan op die US Hulptoonbank se portaal (gaan na Studentefinansiering en kies die tipe navraag waaroor dit gaan). Onthou om jou studentenommer by die beskrywing in te sluit sodat ons jou navraag doeltreffend kan hanteer.
Aansoekproses: US-befondsingsgeleenthede (SUFO)
Hoe om aansoek te doen. Sorg dat jy voorbereid is. As jy beoog om om US-befondsing aansoek te doen, is ons beste raad dat jy eers alle ondersteunende dokument wat jy nodig het, bymekaarkry voordat jy die aanlyn aansoekproses begin.
Die wysste is om jou aansoek lank voor die sluitingsdatum in te dien en om jou e-pos gereeld na te gaan vir belangrike terugvoer oor waar jou aansoek in die proses is.
Laai die PDF-gids hier onder af. Dit sit die aansoekproses stap vir stap uiteen en wys watter dokumentasie jy alles nodig het.
- 2026_SU_Funding_Application_Guide Aansoekproses (slegs in Engels)
Beursproses: NSFAS
NSFAS 2025 toelaes en kritieke beursinligting. Alle studente wat voorlopig befonds word, word versoek om asseblief deeglik kennis te neem van die inligting wat in die pdf uiteengesit word. Dit dek 8 punte:
(1) Aanvaar/weier beurs; (2) Verwerking van toelaes (boek; akkommodasie); (3) Akkommodasieveranderinge en toelae CAP; (4) Dubbele koers en beurskansellasie; (5) Definansiering deur NSFAS; (6) US-Befondsingsgeleenthede; (7) NSFAS-bepalings en -voorwaardes; en (8) Toelaagverdeling, volgens lewensreëling.
- NSFAS24-CBI Kritieke beursinligting (slegs ENG)(hersien AUG24)
Betalingproses: Intellimali
Alle beurstoelaes wat deur die US bestuur word, word via Intellimali verwerk. Sodra jou eerste betaling gelaai is, sal jy ‘n PIN van Intellimali ontvang. Die pdf beskryf belangrike stappe in the uitbetaling (betaling) proses.
- SU24-INTELLIMALI Stappe oor hoe om jou toelaes te ontvang (slegs ENG)
- Intellimali rekening aanmeld
- e-pos info@intellimali.co.za
- Intellimali webwerf
Kontak ons
Enige vrae oor befondsing of beurse?
Teken asseblief teken ’n versoek aan op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.
Andersins kan jy vir US Kliëntediens kontak by 021 808 9111. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.
Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:
- Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
- Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
- Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
- Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.
Stellenboschkampus
Fisiese adres
Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600
Let wel:
Admin A is tydelik gesluit vir aansienlike opknapwerk, wat in 2026 afgehandel behoort te wees. Dit is deel van die US se voortgesette verbintenis daartoe om ons kampusruimtes meer inklusief, toeganklik en studentgerig te maak.
Admin A-dienste het vir hierdie tydperk verskuif na:
Anorganiese Chemie-gebou
Bosmanstraat, Stellenbosch-sentraal, Stellenbosch 7602
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 808 9111
Tygerbergkampus
Fisiese adres
Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30