Enige navrae oor befondsing of beurse? Kontak asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal.

US-befondsingsgeleenthede (SUFO) vir 2026 is nou oopgestel vir voornemende studente. Ons ontvang aansoeke vanaf 1 Oktober tot 30 November 2025. As jy ’n NSFAS-student is, moedig ons jou aan om ook hiervoor aansoek te doen.

Befondsingsaansoekproses

Befondsingsaansoekproses

Voorbereiding is die wagwoord. As jy wil aansoek doen, stel ons voor dat jy elke afdeling hier onder sorgvuldig lees sodat jy goed verstaan hoe die aansoekproses werk, asook watter inligting en stawende dokumente vereis word, en wat die maatstawwe is om vir US-beurse vanaf eksterne skenkers en US-gesinsbeurse (indien toepaslik) in aanmerking te kom voordat jy die aanlyn aansoekvorm invul.

Dit help om die aansoekproses vlot te laat verloop. As jy die voorbereidingswerk gedoen het, kan jy die vorm in omtrent 15 minute afhandel.

Aansoekdatums

Aanlyn aansoeke vir US-befondsingsgeleenthede (SUFO) in 2026:

Aansoeke vanaf ingeskrewe voorgraadse studente is nou gesluit (1 Julie tot 30 September 2025).

Aansoeke vanaf voornemende voorgraadse studente is nou oopgestel en sluit op 30 November 2025.

Die Universiteit se fondse is beperk. Die feit dat jy om befondsing aansoek gedoen het, waarborg nie dat jy dit sal kry nie. Ons moedig jou aan om nie net by die Universiteit om finansiële steun aan te klop nie – ondersoek ook ander, eksterne befondsingsgeleenthede (privaat partye, die staat).

Wie kan aansoek doen om finansiële hulp?

As jy ’n voornemende of huidige voorgraadse student met Suid-Afrikaanse burgerskap of permanente verblyfreg is, kan jy om US-befondsing aansoek doen. As jy ’n ingeskrewe voorgraadse US-student is, kan jy die aanlyn aansoekvorm met jou agtsyfer-studentenommer oopmaak. As jy ’n voornemende student is, moet jy jou Suid-Afrikaanse ID-nommer of jou paspoortnommer gebruik om op die aansoekportaal aan te teken.

Jy kom in aanmerking as julle huishouding se bruto jaarlikse inkomste minder as R350 000 is. As jy gestremdhede het, is die afsnypunt vir bruto jaarlikse inkomste R600 000.

As jy NSFAS-fondse ontvang, doen asseblief ook vir US-befondsing aansoek, ingeval NSFAS jou befondsing staak. As dit gebeur, word jy op ons databasis gederegistreer as NSFAS-begunstigde en kom jy in aanmerking vir aanvul- of tekortbefondsing deur die Universiteit.

BELANGRIK Die Universiteit se fondse is beperk. Die feit dat jy om befondsing aansoek gedoen het, waarborg nie dat jy dit sal kry nie.

Beurse en Lenings

Die US Jaarboekdeel Beurse en Lenings sluit beurse en lenings in wat bestuur word deur die US sowel as deur maatskappye, trusts en die staat. Die inligting is volgens fakulteit gerangskik, maar ons stel voor dat jy kyk na álle moontlikhede in Afdeling 1 (studiebeurse by die meeste fakulteite) en Afdeling 3 (Fakulteit Natuurwetenskappe), ongeag wat jou studieprogram is. Dit is omdat party beurse vir studies by meer as een fakulteit aangebied word, maar dan mag hulle net onder Natuurwetenskappe gelys word. Let asseblief op die sluitingsdatum en aansoekproses vir elke spesifieke beurs; dit verskil.

As daar “Aansoeke: SUFO” by ’n beurs staan, beteken dit jy moet via die aanlyn portaal vir US-Befondsingsgeleenthede (SUFO) aansoek doen. Ons beursbeamptes kies en/of benoem kandidate op grond van die maatstawwe wat die spesifieke beurs stel en/of die befondser of beursskenker se voorwaardes en aanwysings.

Die aansoekwebwerf

Die aansoekproses geskied aanlyn. Ons aanvaar of oorweeg geen aansoeke per e-pos nie.

Let asseblief op dat die aanlyn aansoekportaal geen inligting stoor wat jy verskaf nie, totdat jy uitkom by die stap waarin jy stawende dokumente oplaai (afdeling 8). As jy die aansoekvorm toemaak voordat jy daar uitkom (d.w.s. voordat jy afdeling 7 afgehandel het), moet jy van voor af met die proses begin.

Die beste is om jou aansoek in een sessie af te handel. Ons beveel aan dat jy dit doen terwyl daar nog oorgenoeg tyd voor die sluitingsdatum is. Onthou asseblief om gereeld in jou @sun- sowel as jou persoonlike e-posbus te kyk vir terugvoer oor jou SUFO-aansoek. Gaan ook deur jou gemorspos-vouer.

BELANGRIK Jy kan óf vir US-befondsingsgeleenthede aansoek doen óf vir ’n eksterne studielening. ’n Eksterne maatskappy, Student Hero, verwerk die aansoeke om studentelenings. Die Universiteit Stellenbosch bestuur of administreer dit nie.

Stawende dokumente

Ons raai jou aan om alle stawende dokumente wat vereis word (ook afskrifte van sertifikate, waar nodig), gereed te kry en byderhand te hê voordat jy die aanlyn aansoekproses begin. Dit sal jou tyd spaar terwyl jy die proses volg. Stoor jou dokumente in ’n voulêer met ’n maklike naam, soos “SUFO-aansoek”, sodat jy dit maklik kan opspoor.

Jy het die volgende inligting en stawende dokumente nodig om ’n aansoek om befondsing af te handel:

 

DIE STUDENT
  • volle naam, selfoonnommer, e-posadres, ID-nommer, US-studentenommer (vir ingeskrewe studente)
  • gesertifiseerde afskrif van ID
  • sertifikaat/getuigskrif vanaf skool wat leierskap of sportprestasie bevestig, indien van toepassing
  • CV (een bladsy lank)
  • bewys van gestremdheid, indien van toepassing

 

DIE STUDENT SE GADE
  • volle naam, selfoonnommer, e-posadres, ID-nommer
  • afskrif van ID
  • afskrif van doodsertifikaat, indien van toepassing
GESINSINLIGTING
  • bewys van registrasie of aanvaardingsbrief vir elke broer of suster wat in 2025 op universiteit gaan wees, indien van toepassing
DIE STUDENT SE EERSTE OUER of WETTIGE VOOG/VOOG
  • volle naam, selfoonnommer, e-posadres, ID-nommer
  • afskrif van ID
  • bewys van voogdyskap, indien van toepassing (hierdie kan ’n brief van ’n maatskaplike werker of ’n beëdigde verklaring wees)
  • bewys van inkomste*
  • die bladsy van die egskeidingskikking wat aandui dat die persoon geskei is en hoeveel huweliksondersteuning betaal word, indien van toepassing
  • onderhoudsooreenkoms wat die bedrag bevestig wat maandeliks ontvang word, indien van toepassing
  • bewys van staatstoelaag, indien van toepassing
  • bewys van maandelikse pensioen, indien van toepassing
  • doodsertifikaat, indien van toepassing
DIE STUDENT SE EERSTE OUER of WETTIGE VOOG/VOOG
  • volle naam, selfoonnommer, e-posadres, ID-nommer
  • afskrif van ID
  • bewys van voogdyskap, indien van toepassing (hierdie kan ’n brief van ’n maatskaplike werker of ’n beëdigde verklaring wees)
  • bewys van inkomste*
  • die bladsy van die egskeidingskikking wat aandui dat die persoon geskei is en hoeveel huweliksondersteuning betaal word, indien van toepassing
  • onderhoudsooreenkoms wat die bedrag bevestig wat maandeliks ontvang word, indien van toepassing
  • bewys van staatstoelaag, indien van toepassing
  • bewys van maandelikse pensioen, indien van toepassing
  • doodsertifikaat, indien van toepassing
plus die VORM SUFO INSTEMMING wat deur al die partye onderteken is
*bewys van inkomste Geldige voorbeelde hiervan is, onder meer:

_formele indiensnemin jongste betaalstrokie (nie ouer as 3 maande nie) of ’n ITA34-dokument
_informele indiensneming beëdigde verklaring wat die maandelikse inkomste noem, asook die bron van inkomste (bv. groenteverkoper, huiswerker, vryskutwerker)
_selfindiensneming bankstate wat maandelikse inkomste duidelik aantoon (nie ouer as 3 maande nie) of ’n ITA34-dokument
_werkloos beëdigde verklaring (wat noem sedert watter datum werkloos is) of uitdiensstellingsbrief of WVF-strokie (van die Werkloosheidsversekeringsfonds)

US-beurse vanaf eksterne skenkers

Klik op die oortjie Soorte Befondsing en dan op die blok vir US-beurse vanaf eksterne befondsers. Daar is ’n lys met tien beurse, waarvan die besonderhede in die tabel hier onder verskyn.

 

NAAM VAN EKSTERNE SKENKERBEURS UNIEKE AANSOEKVORM & ONDERSTEUNINGSDOKUMENTE (wat deel van die aansoek vorm)
HUIDIGE (CUG) ÔF VOORNEMENDE (PUG) STUDENT BYKOMENDE ONDERSTEUNINGSDOKUMENTE

DIPPENAAR-familietrustbeurs

slegs EBW-studente

FORM DIPPENAAR-PUG nvt
DORIS CROSSLEY-trust FORM DORIS CROSSLEY-PUG

1ste Verwysing Doris Crossley

2de Verwysing Doris Crossley

DU TOIT HUGENOTE FORM DU TOIT HUGENOTE-PUG

Motivering Hugenote

Beëdigde verklaring vir Afrikaanse modules

DW ACKERMANN

slegs Ingenieurswesestudente

FORM DW ACKERMANN – PUG nvt
JANNIE MOUTON FORM JANNIE MOUTON-PUG nvt

PIET NEETHLING opvoedkundigetrust

slegs FGGW- en AgriWetenskappestudente

FORM PIET NEETHLING-PUG nvt
PSG FORM PSG-PUG nvt

RODNEY AFRICA-beurs

slegs Regsgeleerdheidstudente

FORM RODNEY AFRICA-PUG nvt

SHEILA BRAND-trust

 

FORM SHEILA BRAND nvt
Die VLAKTE-beursfonds FORM VLAKTE PUG nvt
US gesinsbeurse

Die US Jaarboekdeel Beurse en Lenings noem 11 gesinsbeurse. Die besonderhede is in die tabel hier onder.

NAAM VAN GESINSBEURS

FAMILY BURSARY AANSOEKVORM & ONDERSTEUNINGSDOKUMENTE

(wat deel van die aansoek vorm)

Anna Juliana THERON

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Bewys van verwantskap

AW SCHUMANN

slegs FISIKA- en/of Wiskundestudente

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Afstammelinge van AW Schumann geniet voorkeur waar alles gelyk is

Ds DH NEETHLING

slegs Teologiestudente

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Afstammelinge van die eerw DH Neethling

Elizabeth MARAIS

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Direkte afstammelinge van Abraham Barend de Villiers en Theophile Antonia de Villiers (gebore Van der Lingen)

Elizabeth VILJOEN trust

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Afstammelinge en aangenome kinders van broers en susters van wyle mej Elizabeth Viljoen

Frans & Rykie THERON-studiefonds

slegs Teologie- en Landboustudente

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Stamboom wat bewys dat jy ’n afstammeling van Theron, Marais of Zeeman is

Fritz & Anna MOSTERT

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Studente wat aan skole in die landdrosdistrikte Hopefield, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Velddrift, en Vredenburg gematrikuleer het

Johan & Willie SPIES

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Stamboom wat bewys dat jy ’n afstammeling van E Wood en Dr CJ de Kock is; verwys na verdere bepalings

JP SWART

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Stamboom wat bewys dat jy ’n inwoner van die noordelike voorstede van Kaapstad is

Petrusa VAN ZIJL

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Stamboom wat bewys dat jy ’n afstammeling van een van die ses Petrusa-susters van die skender, wyle mev Petrusa Groenewald (gebore Van Zijl) is

Prof JH NEETHLING

FORM FAMILY BURSARY-PUG

Studente met voorkeur aan direkte afstammelinge van wyle prof JH Neethling se vader, Hendrik Johannes Neethling

Let daarop dat studente wat nie afstammelinge is nie, ook aansoek kan doen

Aansoekvorm

Die aanlyn aansoekvorm begelei jou stap vir stap met duidelike instruksies deur die proses. Dit behoort so 15 minute te neem om die vorm in te vul.

POPI-wet Jy moet toestemming gee, soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Eng. POPIA) vereis, dat ons alle dokumentasie (soos bewys van inkomste, ID, sertifikate en bankstate) deur ’n eksterne diensverskaffer mag laat nagaan voordat ons jou aansoek verder hanteer.

Stawende dokumente Maak seker dat jy die regte dokumente oplaai wanneer die stelsel dit vra.

Toestemmingsvorm Maak seker dat alle partye die vorm onderteken het en laai dit op wanneer die stelsel daarvoor vra.
Volgende stappe

Nadat jy jou aansoek ingedien het, sal jy ’n geoutomatiseerde e pos kry wat bevestig dat ons jou aansoek ontvang het.

Wanneer sal ek weet of my aansoek suksesvol was?

As jou aansoek slaag en ’n beurs word aan jou toegeken, sal ons jou daarvan inlig. Daarmee saam gee ons jou die besonderhede van die beurs wat jy ontvang het, asook wat jy volgende moet doen om te verseker dat die toekenning sonder haakplek deurgaan.

Let op: As jy teen die einde van die jaar waarvoor jy befondsing gevra het, nog niks oor ’n beurstoekenning gehoor het nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek nie geslaag het nie.

Byvoorbeeld: As jy in 2025 om befondsing vir 2026 aansoek gedoen het en jy het teen die einde van 2026 nog niks gehoor nie, het jou aansoek waarskynlik nie geslaag nie..

Enige probleme?

As jy enige tegniese probleme teëkom met die invul van jou aansoek, registreer asseblief ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal: Teken aan op die portaal, kies Student Finances (studentefinansiering) > Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse) > SU Funding Opportunities (SUFO = US-befondsingsgeleenthede). Onthou om jou US-studentenommer of US-aansoeknommer by jou beskrywing in te sluit voordat jy jou navraag stuur.

“Tegniese probleme” is byvoorbeeld as jy nie regkom om ondersteunende dokumente op te laai nie, as knoppies nie werk nie, as jy sukkel om weer aan te teken om jou aansoek af te handel, of as jy enige foutboodskap in die loop van die aanlyn aansoekproses kry.

Andersins kan jy US Kliëntediens skakel, by 021 808 9111.

Kantoorure Maandae tot Vrydae, 08:30 tot 16:30

Gereed om aansoek te doen?

Voordat jy die aanlyn aansoekvorm oopmaak, kom ons som net op:

  1. Jy het elke afdeling hierbo gelees om te sorg dat jy die regte, akkurate inligting verskaf.
  2. Die lêernaam van elke ondersteunende dokument begin met jou US-studentenommer of aansoeknommer en is in pdf-formaat op jou rekenaar gestoor in ’n voulêer wat duidelik gemerk is (“SUFO-aansoek”).
  3. Jy het minstens 15 minute in jou dagprogram opsy gesit om die aansoekvorm in te vul.

Maak asseblief seker dat jy die regte befondsingsopsie op die aansoekvorm kies: “US-befondsingsgeleenthede”. (Die opsie vir eksterne studentelenings word nie deur die US bestuur nie. As jy dit kies, neem dit jou na ’n eksterne webblad.)

Kontak ons

Enige vrae oor befondsing of beurse?

Teken asseblief teken ’n versoek op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.

Andersins kan jy vir US Kliëntediens kontak by 021 808 9111. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.

Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:

    1. Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
    2. Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
    3. Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
    4. Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Let wel:

    Admin A is tydelik gesluit vir aansienlike opknapwerk, wat in 2026 afgehandel behoort te wees. Dit is deel van die US se voortgesette verbintenis daartoe om ons kampusruimtes meer inklusief, toeganklik en studentgerig te maak.

    Admin A-dienste het vir hierdie tydperk verskuif na:  
    Anorganiese Chemie-gebou
    Bosmanstraat, Stellenbosch-sentraal, Stellenbosch 7602

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111