Enige navrae oor befondsing of beurse? Kontak asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal.

Voorgraadse studente kan nou om US-befondsingsgeleenthede (SUFO) vir 2026 aansoek doen: vanaf 1 Julie tot 30 September 2025. Ons moedig NSFAS-befondsde studente ook aan om aansoek te doen.

Gereelde vrae

Gereelde vrae

As jy nie in hierdie afdeling ’n antwoord op jou vraag kan opspoor nie, kontak asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal aan (navigeer na “Student Finances” en kies die gepaste onderwerp vir jou navraag). Onthou om jou US-aansoeknommer by die verduideliking in te sluit sodat ons jou navraag doeltreffend kan hanteer.

Prospective student

Wat is die Universiteit Stellenbosch se 2026-aansoek datums?
1 April 2025 Aansoeke OOPGESTEL vir voorgraadse studente
1 Oktober 2025 Aansoeke om US-befondsingsgeleenthede (SUFO) OOPGESTEL vir voornemende studente
31 Julie 2025 Aansoeke SLUIT vir voorgraadse studente en koshuisaansoeke
30 November 2025 SUFO-aansoeke SLUIT vir voornemende studente

*Ons oorweeg nie laat aansoeke nie.

Waar kan ek meer inligting kry oor die toelatingsproses, aanvaarding van ‘n akademiese aanbod, die studentekontrak, nasionale normtoets- (NNT-) uitslae, en studentehuisvesting?
Verwys asseblief na die Graad 12 gereelde vrae pdf.
Wie kan om befondsing aansoek doen?

Jy mag aansoek doen as jy ’n Suid-Afrikaanse burger is of permanente verblyfreg in Suid-Afrika het, en ’n voorwaardelike of finale aanbod ontvang het om in ’n voorgraadse program aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Aangesien die Universiteit se finansiële hulpbronne beperk is, word befondsing toegeken op grond van finansiële behoefte (huishoudelike finansiële omstandighede) en akademiese meriete (die aansoeker se potensiaal om suksesvol te studeer).

Wanneer kan ek aansoek doen vir befondsing van die US?

Voornemende voorgraadse studente kan slegs vanaf 1 Oktober tot 30 November 2025 om US-befondsing aansoek doen. Ons oorweeg nie laat aansoeke nie.

Watter befondsing het die Universiteit Stellenbosch beskikbaar?

Universiteit Stellenbosch bied ’n wye verskeidenheid van meestal gedeeltelike-koste beurse aan. Vir die besonderhede, raadpleeg die Beurse en Lenings* en die skakel Soorte befondsing op die webblad van die Sentrum vir Voorgraadse Beurse & Lenings (SVBL).

* As die SUFO-skakel langs ’n beurs verskyn, kan jy aanlyn daarvoor aansoek doen, solank jy dit binne die aansoektydperk vir SUFO (US-befondsingsgeleenthede) doen.

Watter dokumente moet ek voorsien wanneer ek ‘n befondsingsaansoek indien?

Jy sal verskeie dokumente moet verskaf om jou aansoek om befondsing van die Universiteit Stellenbosch te ondersteun. Vir ’n samevatting van die stawende dokumente wat jy na gelang van jou persoonlike, gesins- en finansiële omstandighede moet indien, raadpleeg die tabel hier onder. Alle aansoekers moet die Toestemmingsvorm voltooi, onderteken deur alle partye.

Alle dokumente wat as bewys van inkomste ingedien word, sal deur ’n derde party geverifieer word.

Merk elke ondersteuningsdokument duidelik en laai dit as ‘n pdf op wanneer die in die aanlyn aansoekvorm versoek word.

STUDENT SE PERSOONLIKE INLIGTING 

  • Gewaarmerkte afskrif van ID
  • Mediese sertifikaat of SASSA indien jy ’n gestremdheid het
  • ’n Bladsy lange opsomming van jou CV, waaronder enige leierskapsrol, sportprestasie en ander toekennings
  • Jongste akademiese rekord indien jy tans aan ’n ander universiteit studeer

INLIGTING VAN OUER(S) OF WETTIGE VOOG(DE)
vir elke ouer/wettige voog 

  • Sterftesertifikaat indien oorlede
  • Afskrif van ID
  • Bewys van inkomste en maandelikse inkomste voor belasting (salarisstrokie/ITA34/beëdigde verklaring van tipe informele werk en inkomste), of werkloosheid (beëdigde verklaring/afleggingsbrief/WVF-brief), of kindertoelaag (onderhoudsooreenkoms), of pensioen/SASSA (brief van bank/bankstaat)

GESINSINLIGTING

  • Vir huwelikstaat van ouer(s)/wettige voog(de), indien uitmekaar, geskei of vervreemd, bewys van skeiding, egskeiding (skeibevel) of vervreemding, en onderhoudsooreenkoms indien van toepassing
  • Bewys van universiteitsregistrasie van enige broers of susters, slegs tot en met drie

INLIGTING VAN GADE
indient aansoeker getroud/weduwee is 

  • Sterftesertifikaat indien oorlede
  • Afskrif van ID
  • Bewys van inkomste en maandelikse inkomste voor belasting (salarisstrokie/ITA34/beëdigde verklaring van tipe informele werk en inkomste), of werkloosheid (beëdigde verklaring/afleggingsbrief/WVF-brief), of kindertoelaag (onderhoudsooreenkoms), of pensioen/SASSA (brief van bank/bankstaat)
plus, die FORM SUFO TOESTEMMING wat deur al die partye onderteken is
Hoe doen ek aansoek om befondsing?

Nadat jy ons voorwaardelike of finale aanbod as voornemende student aanvaar het, stuur die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) vir jou ’n e-pos met besonderhede oor hoe jy om US-befondsingsgeleenthede (SUFO) aansoek kan doen. Alles word aanlyn gedoen. Gebruik jou Suid-Afrikaanse ID-nommer of paspoortnommer om by die portaal in te kom. Intussen kan jy meer inligting op die SVBL se webblad kry, onder die opskriffie “Aansoekproses”.

Wanneer sal ek van die uitslag van my US-befondsingaansoek in kennis gestel word?

Ons oorweeg alle aansoeke eers nadat die aansoektydperk afgesluit is.

As jou aansoek geslaag het, sal jy amptelike korrespondensie kry wat bevestig dat ’n beurs toegeken is vir die jaar waarvoor jy aansoek gedoen het.

Let asseblief op: As jy teen die einde van die jaar van befondsing nog geen kommunikasie oor ’n beurstoekenning gekry het nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek misluk het.

Hoe doen ek aansoek by die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS)?

Aansoeke om NSFAS-befondsing word aanlyn ingedien op die amptelike NSFAS-webblad: www.nsfas.org.za.
Om aansoek te doen, moet jy eers ’n myNSFAS-rekening oopmaak en die stap-vir-stap instruksies daar volg.

NSFAS verskaf befondsing aan studente wat vir die eerste keer aan ’n openbare universiteit inskryf (by die US noem ons hulle “nuweling-eerstejaars”). NSFS-beurse is beskikbaar vir:

  • Suid-Afrikaanse burgers,
  • studente met permanente verblyfreg in Suid-Afrika, en
  • almal wat ’n SASSA-toelae (vanaf die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid) ontvang.

Befondsing dek die volle duur van jou studieprogram, solank jy die akademiese vereistes vervul en jou finansies aan die maatstawwe vir befondsing voldoen.

As julle huishouding se bruto jaarlikse inkomste minder as R350 000 is (of R600 000 as jy met ’n gestremdheid leef), raai ons jou sterk aan om aansoek te doen.

Aansoektydperk: NSFAS-aansoeke open gewoonlik laat in November en sluit op 31 Januarie. Besoek asseblief die NSFAS-webblad gereeld vir bywerkings en aankondigings.

Belangrik: Die Universiteit Stellenbosch bestuur nie die NSFAS se aansoek- of keuringsproses nie. Ons fasiliteer net die uitbetaling van fondse aan suksesvolle aansoekers volgens die NSFAS se instruksies.

Hoekom jy om US-befondsingsgeleenthede behoort aansoek te doen

As jy ’n voornemende student is wat om NSFAS-befondsing (gaan) aansoek doen, moedig ons jou aan om ook ’n SUFO-aansoek (om US-befondsingsgeleenthede) in te dien.
Op dié manier kan jy weet jou inligting is veilig in ons databasis gestoor. Dit beteken dat ons jou sal in ag neem vir aanvulbefondsing vanaf die Universiteit, wat onder meer vir die volgende is:

  • tekorte op verblyfgeld,
  • noodgevalle, en
  • skuld uitstaande voor graduering.

Let wel: Die US se fondse is beperk. Die feit dat jy om befondsing aansoek gedoen het, waarborg nie dat jy dit sal kry nie.

Kan ek aansoek doen vir beide NSFAS- en US-befondsing?

Ja, alle voornemende en huidige NSFAS-befondsde studente moet om US-befondsingsgeleenthede (SUFO) aansoek doen.

Op dié manier kan jy weet jou inligting is veilig in ons databasis gestoor. Dit beteken dat ons jou sal in ag neem vir aanvulbefondsing vanaf die Universiteit, wat onder meer vir die volgende is:

  • tekorte op verblyfgeld,
  • noodgevalle, en
  • skuld uitstaande voor graduering.

Die doel van hierdie bykomende steun is om finansiële gapings te vul en jou te help om voortgeset akademiese sukses te behaal.

Wat as my aansoek om US-befondsing onsuksesvol is?

Ons moedig alle voornemende studente aan om bykomende befondsingsgeleenthede te ondersoek en daarvoor aansoek te doen wanneer hulle om US-befondsing aansoek doen.

Op dié manier sorg jy dat jy ander moontlikhede gereed het as jou aansoek om US-befondsing sou misluk.

Webbladsye soos GoStudy en AllBursaries is nuttige plekke om te begin soek, want hulle verskaf lyste beurse volgens studieprogram en sluitingsdatums vir aansoeke.

As julle huishouding se bruto jaarlikse inkomste onder R600 000, kan jy dit ook oorweeg om by Feenix te registreer. Dit is ’n platform vir skarebefondsing (Eng. crowdfunding) wat studente help om fondse vir hulle studies in te samel.

Wie kan ek kontak vir verdere inligting oor befondsingsgeleenthede?

Jy is welkom om US Kliëntediens by 021 808 9111 te skakel of ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal aan te teken (navigeer na “Student Finances” en kies die gepaste onderwerp van jou navraag). Onthou om jou US-aansoeknommer by die beskrywing in te sluit sodat ons jou navraag doeltreffend kan hanteer.

Kontak ons

Enige vrae oor befondsing of beurse?

Teken asseblief teken ’n versoek op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.

Andersins kan jy vir US Kliëntediens kontak by 021 808 9111. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.

Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:

    1. Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
    2. Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
    3. Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
    4. Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Let wel:

    Admin A is tydelik gesluit vir aansienlike opknapwerk, wat in 2026 afgehandel behoort te wees. Dit is deel van die US se voortgesette verbintenis daartoe om ons kampusruimtes meer inklusief, toeganklik en studentgerig te maak.

    Admin A-dienste het vir hierdie tydperk verskuif na:  
    Anorganiese Chemie-gebou
    Bosmanstraat, Stellenbosch-sentraal, Stellenbosch 7602

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111