Enige navrae oor befondsing of beurse? Kontak asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal.

Voorgraadse studente kan nou om US-befondsingsgeleenthede (SUFO) vir 2026 aansoek doen: vanaf 1 Julie tot 30 September 2025. Ons moedig NSFAS-befondsde studente ook aan om aansoek te doen.

Beursadvertensies

Nie-US befondsingsgeleenthede. Maak asseblief seker dat jy al die vereiste dokumentasie indien en ons beveel aan dat jy ook lank voor die sperdatum aansoek doen. Vir enige navrae, aansoekopdaterings, en uitkomskommunikasie kontak asseblief die beurshouer/befondser of soos op die skakels aangedui.

Sanofi Bursary Scheme 2026

Meer Inligting
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025

Bank of Namibia Undergraduate Bursary 2026

Meer Inligting
Sluitingsdatum: 30 Oktober 2025

Metacom Foundation 2026 Bursary

Meer Inligting en Aansoekvorm
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025

Meer Inligting
Aansoekvorm
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Fidelis Beursfonds

Meer Inligting en Aansoekvorm
Sluitingsdatum: 21 Oktober 2025

SA Wine Bursary Application 2026

Meer Inligting
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025

2026 Global Korea Scholarship

Meer Inligting
Aansoekriglyne
Sluitingsdatum: 30 September 2025

Worley Bursary Program 2026

Meer Inligting
Sluitingsdatum: 30 September 2025

Capitec-Global One

Meer Inligting
Sluitingsdatum: geen

Kontak ons

Enige vrae oor befondsing of beurse?

Teken asseblief teken ’n versoek op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.

Andersins kan jy vir US Kliëntediens kontak by 021 808 9111. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.

Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:

    1. Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
    2. Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
    3. Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
    4. Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Let wel:

    Admin A is tydelik gesluit vir aansienlike opknapwerk, wat in 2026 afgehandel behoort te wees. Dit is deel van die US se voortgesette verbintenis daartoe om ons kampusruimtes meer inklusief, toeganklik en studentgerig te maak.

    Admin A-dienste het vir hierdie tydperk verskuif na:  
    Anorganiese Chemie-gebou
    Bosmanstraat, Stellenbosch-sentraal, Stellenbosch 7602

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111