Kennisgewingsbord
NSFAS Closeout Project: Wat, hoekom, wanneer?
Die NSFAS Closeout Project het ten doel om kwessies op te los wat studente se befondsingstatus en betalings vir die akademiese tydperke van 2017 to 2022 raak.
Mediavrystelling: US- 2025 Befondsingsgeleenthede
Die US kondig graag die opening van aansoeke om US-Befondsingsgeleenthede vir Voorgraadse Studente vir 2025 aan: 1 Jul – 31 Sep 2024 vir huidige studente; 1 – 31 Okt 2024 vir voornemende studente.
Funding 101: Sessies vir befondste studente
Op kampus inligtingsessies om kennis te verwerf wat jou sal help om jou jaar se finansiële omstandighede te bestuur – ‘n stap na finansiële selfbemagtiging.
Kontak ons
Enige vrae oor befondsing of beurse?
Teken asseblief teken ’n versoek aan op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.
Andersins kan jy vir US Kliëntediens kontak by 021 808 9111. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.
Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:
- Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
- Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
- Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
- Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.
Stellenboschkampus
Fisiese adres
Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600
Let wel:
Admin A is tydelik gesluit vir aansienlike opknapwerk, wat in 2026 afgehandel behoort te wees. Dit is deel van die US se voortgesette verbintenis daartoe om ons kampusruimtes meer inklusief, toeganklik en studentgerig te maak.
Admin A-dienste het vir hierdie tydperk verskuif na:
Anorganiese Chemie-gebou
Bosmanstraat, Stellenbosch-sentraal, Stellenbosch 7602
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 808 9111
Tygerbergkampus
Fisiese adres
Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30