Welkom | Wamkelekile | Welcome
Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings
Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) vorm deel van die Afdeling Finansies aan die Universiteit Stellenbosch (US). Ons span professionele finansiëlehulppraktisyns ondersteun voornemende en huidige voorgraadse studente wat om finansiële hulp wil aansoek doen deur beurse op ’n volhoubare wyse toe te staan en te administreer.
Elke student aan die US is persoonlik verantwoordelik daarvoor om finansiële voorsiening vir die vereffening van hulle Studentegelderekening te maak. Daar is verskillende maniere om te sorg dat jou universiteitsopleiding by jou huishoudelike begroting pas: jy kan jou graadprogram deur ’n beurs, akademiese meriete of sporttoekenning, en/of ’n banklening befonds. Ons webwerf kan jou help om hierdie opsies te verken.
Benodig jy finansiële bystand?
E-aansoeke is oop
1 Jul – 30 Nov*
Lees die instruksies oor Hoe om aansoek te doen en kry jou ondersteuningsdokumentasie gereed I Teken in op die my.sun-portaal met jou unieke agtsyfer-US-nommer en wagwoord om aansoek te doen
*nuwe sluitingsdatum
Die Universiteit Stellenbosch glo dat elke student wat die potensiaal het om akademiese studies suksesvol aan te pak, sover prakties moontlik die toepaslike geleenthede gebied moet word. SVBL streef dus daarna om soveel as moontlik ondersteuning te bied aan studente wat toelating tot die Universiteit kry, maar nie oor die finansiële middele beskik om te studeer nie.
Beurs
Kyk watter soort beurse is beskikbaar
Banklening
Kyk watter soort banklenings is beskikbaar
Hoe om Aansoek te doen
Aansoekdatums, -prosesse en -vorms
Stellenboschkampus
Fisiese adres
Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 808 9111
info@sun.ac.za
Tygerbergkampus
Fisiese adres
Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 938 9129 / 21 808 9111
tygbursaries@sun.ac.za
Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL)
sunfinaid@sun.ac.za
Alle en net NSFAS en FUNZA- beursbystand aan die US (insluitend NSFAS-/FUNZA-studente aan die FGGW)
nsfas@sun.ac.za
Weens die groot hoeveelheid e-posse wat die SVBL ontvang en hanteer, moet alle e-poskorrespondensie ’n studentenommer, ’n beursnaam/-verwysing en ’n kort beskrywing in die onderwerpreël bevat..
Byvoorbeeld: ‘SU#12345678 / NSFAS – versoek om verandering in verblyfvorm’ Dit sal sorg dat ons jou navraag vinnig en doeltreffend kan beantwoord.
Huidige beurstudente word versoek om asseblief ’n bespreking te maak..
'n Virtuele vergadering kan via MS Teams geskeduleer word (dit is ons voorkeurkommunikasiemetode).