Enige navrae oor befondsing of beurse? Kontak asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek aan op die US Dienstoonbank se portaal.

As jy hoegenaamd aan die vereistes voldoen, moedig die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) jou aan om aansoek te doen om finansiële ondersteuning vir die 2026- akademiese jaar

Stellenbosch, 1 Julie 2025 Die Universiteit Stellenbosch (US) kondig graag aan dat aansoeke om US-befondsingsgeleenthede vir voorgraadse studente in 2026 nou oopgestel is.

Aansoektydperke

  • Huidige voorgraadse studente: 1 Julie tot 30 September 2025
  • Voornemende voorgraadse studente: 1 Oktober tot 30 November 2025

As jy hoegenaamd aan die vereistes voldoen, moedig die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) jou aan om aansoek te doen om finansiële ondersteuning vir die 2026- akademiese jaar. Befondsing word toegeken op grond van finansiële behoeftigheid en akademiese meriete.

As jy wil aansoek doen, gaan kyk eers by die Aansoekproses-oortjie op US Beurse en Lenings se webblad. Daar is stap-vir-stap-gidse en ’n lys van die ondersteunende dokumente wat vereis word.

  • As jy ’n ingeskrewe US-student is, kan jy die aanlyn aansoekvorm met jou agtsyfer-studentenommer oopmaak.
  • As jy ’n voornemende student is, moet jy jou Suid-Afrikaanse ID-nommer of paspoortnommer gebruik.

Die aanlyn aansoekproses is ontwerp om verstaanbaar en toeganklik te wees. As jy die nodige dokumente gereed het om op te laai, neem dit ongeveer 15 minute om die aansoek af te handel.

Volgens mev Bianca Andrews, Hoof: Institusionele en Korporatiewe Fondse by die SVBL, het hulle meer as 5 100 aansoeke vir die 2025- akademiese jaar ontvang. “Ons gestroomlynde proses het versperrings uit die weg geruim en verseker dat studente op gelyke voet kan aansoek doen,” vertel sy.

Die SVBL bestuur en administreer ook beurse vanaf eksterne skenkers volgens spesifieke maatstawwe – onder meer finansiële behoeftigheid, akademiese prestasie en leierskap. As jy vir daardie geleenthede ook oorweeg wil word, moet jy ’n bykomende aansoekvorm as deel van jou SUFO-aansoek invul en oplaai wanneer die stelsel jou daarvoor vra. Daar is ook verskeie US-gesinsbeurse beskikbaar vir studente wat aan die vereistes vir inagneming voldoen en bewys van afstamming kan lewer.

“Ons sien daarna uit om befondsingsaansoeke vir 2026 te ontvang, en ons bly daartoe verbind om ons studente op hulle hele akademiese reis te ondersteun,” voeg Andrews by.

Let wel: US-befondsing is beperk. Al het jy ’n aansoek ingedien, waarborg dit dus nie dat jy befondsing sal ontvang nie.

Vir meer inligting:

Doen nou aansoek – dis jou eerste skuif om jou akademiese potensiaal te ontsluit.