Any funding or bursary questions? Please call Student Finances Client Service team on 021 808 3530 or ’n versoek on our service desk portal.

Wie is ons?

Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings vorm deel van Studentefinansiering, wat onder die Afdeling Finansies aan die Universiteit Stellenbosch (US) ressorteer. Die Sentrum se primêre funksie is om beurse volgens die ooreengekome maatstawwe toe te ken en te bestuur.

Die US Jaarboekdeel mandate of CUBL is aligned to the following institutional principles regarding the financial support of students:

  • Verbeter studentesukses deur middel van toeganklike en volhoubare finansiële bystand.
  • Bevorder diversiteit deur beurse te verskaf aan studente uit die aangewese rassegroepe, uit sosio-ekonomies benadeelde agtergronde en met gestremdhede.
  • Moedig akademiese uitnemendheid aan deur mededingende finansiële steun aan hoëpresteerder-studente aan te bied.
  • Ondersteun finansiële behoeftigheid deur studente by te staan wat die hulpbronne kortkom om hulle studies te befonds.

Ons span professionele finansiëlehulp-praktisyns is daartoe verbind om toegang tot hoër onderwys te verbreed deur voornemende en huidige voorgraadse studente in te lig oor befondsingsgeleenthede wat vir hulle beskikbaar is. Só wil ons verseker dat finansiële behoeftigheid geen akademies verdienstelike studente verhoed om verder te studeer nie. Ons begryp dat die aansoekproses spanningsvol kan wees. Daarom probeer ons voortdurend steun verleen om ’n vir positiewe ervaring in die geheel te sorg.

Hierdie steun sluit die volgende in:

  • Reageer betyds op navrae vanaf studente, ouers, maatskappye en skenkers.
  • Verskaf leiding en bystand met finansiële beplanning aan studente.
  • Ken die beskikbare fondse toe en allokeer dit.
  • Doen die finansiële bestuur wat met finansiële hulp gepaardgaan: interne fondse (US-befondsing) én eksterne beurse vanaf maatskappye en skenkers (buitefondse vanaf skenkers).
  • Adverteer die finansiële hulp wat beskikbaar is (verwys na die US Jaarboek, Deel 2: Beurse en Lenings)

Kontak ons

Enige vrae oor befondsing of beurse?

Teken asseblief ’n versoek op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.

Andersins kan jy gerus Studentefinansiering se klientediensspan bel: 021 808 3530. Wanneer die stelsel jou vra, kies 2 vir bystand in Afrikaans of 1 vir Engels. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.

Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:

    1. Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
    2. Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
    3. Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
    4. Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Let asseblief op: Admin A-dienste het tydelik, tot in 2026, na die Anorganiese Chemie-gebou verhuis vir groot opknappingswerk wat beoog om ’n meer inklusiewe, studentgerigte ruimte te skep. Ons waardeer julle begrip en geduld in hierdie tydperk.

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 3530

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 3530