Any funding or bursary questions? Please call Student Finances Client Service team on 021 808 3530 or ’n versoek on our service desk portal.

Welkom    |   Wamkelekile   |    Welcome

Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings

Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings vorm deel van Studentefinansiering, wat onder die Afdeling Finansies aan die Universiteit Stellenbosch (US) ressorteer. Ons span professionele finansiëlehulp-praktisyns ondersteun huidige en voornemende voorgraadse studente wat finansiële bystand benodig deur beurse op ’n volhoubare manier toe te ken en te bestuur.

Elke student aan die US is persoonlik verantwoordelik daarvoor om finansiële voorsiening vir die vereffening van hulle Studentegelderekening te maak. Daar is verskillende maniere om te sorg dat jou universiteitsopleiding by jou huishoudelike begroting pas: jy kan jou graadprogram deur ’n beurs, akademiese meriete of sporttoekenning, en/of ’n banklening befonds. Ons webwerf kan jou help om hierdie opsies te verken.

HET JY FINANSIËLE BYSTAND NODIG?

Ons ontvang aanlyn aansoeke om US-befondsingsgeleenthede (Eng. SUFO) vir 2026 vanaf:

1 Julie tot 30 September 2025 vir huidige voorgraadse studente; en

1 Oktober tot 30 November 2025 vir voornemende studente.

Besoek asseblief die webblad oor die Aansoekproses vir meer besonderhede oor die maatstawwe om in aanmerking te kom, die stawende dokumente wat vereis word en aanwysings oor hoe om aansoek te doen. Jy het ’n US-studentenommer nodig om toegang tot die aanlyn aansoekvorm te kry.

Die Universiteit se fondse is beperk. Die feit dat jy om befondsing aansoek gedoen het, waarborg nie dat jy dit sal kry nie. Ons moedig jou aan om nie net by die Universiteit om finansiële steun aan te klop nie – ondersoek ook ander, eksterne befondsingsgeleenthede (privaat partye, die staat). 

Die US glo dat alle studente wat die potensiaal het om akademiese sukses te behaal, die gepaste geleenthede gegun moet word. Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings probeer dus hulle bes om soveel steun moontlik te verskaf aan studente wat tot die Universiteit toegelaat word maar nie die finansiële hulpbronne het om hulle studies te onderneem nie.

Beurs

Kyk watter soorte beurse is beskikbaar.

Studielening

Kyk watter opsies vir studielenings is daar.

Hoe om Aansoek te doen

Aansoekdatums, stappe, vorms en stawende dokumente

Visie en missie

Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings vorm deel van Studentefinansiering, wat onder die Afdeling Finansies aan die Universiteit Stellenbosch (US) ressorteer. Die Sentrum se primêre funksie is om beurse volgens die ooreengekome maatstawwe toe te ken en te bestuur.

Kontak ons

Enige vrae oor befondsing of beurse?

Teken asseblief ’n versoek op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.

Andersins kan jy gerus Studentefinansiering se klientediensspan bel: 021 808 3530. Wanneer die stelsel jou vra, kies 2 vir bystand in Afrikaans of 1 vir Engels. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.

Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:

    1. Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
    2. Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
    3. Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
    4. Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Let asseblief op: Admin A-dienste het tydelik, tot in 2026, na die Anorganiese Chemie-gebou verhuis vir groot opknappingswerk wat beoog om ’n meer inklusiewe, studentgerigte ruimte te skep. Ons waardeer julle begrip en geduld in hierdie tydperk.

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 3530

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 3530