Vorms & Beleid
Vorms
Alle vorms is in pdf-formaat.
SUFO-AANSOEKPROSES
Daar sal vereis word dat die onderstaande vorms afgelaai en voltooi moet word – waar van toepassing – en opgelaai word waneer op die US-Befondsingsgeleenthede vir Voorgraadse- (SUFO-) aansoekvorm gevra word.
Ons beveel aan dat jy die vorms voltooi voordat jy die aansoekvorm begin invul en dit in ‘n duidelik gemerkte gids stoor, byvoorbeeld, SUFO aansoek.
Vir gedetailleerde SUFO-aansoekinstruksies, hersien asseblief die Aansoekproses -oortjie.
Verpligte vorm
Hierdie vorm moet onderteken word deur die student, die ouer(s) of wettige voog(de)/voog(de) en indien van toepassing die student se gade.
US- eksterne skenkerbefondsing aansoekvorms
Verwys asseblief na die Soorte Befondsing > US-eksterne skenkerbefondsing-filterlys om die geskiktheidskriteria vir elke beurs to hersien en to sien of jy kwalifiseer om aansoek te doen (die Dippenaar, DW Ackermann, Piet Neethling, en Rodney Africa beurse is fakulteit spesifiek). Die meeste van hierdie vorms is tweetalig (ENG/AFR).
Maak asseblief seker dat jy die korrekte vorm aflaai: -CUG for huidige students; -PUG vir voornemende studente. FORM SHEILA BRAND is net vir huidige studente beskikbaar.
US- gesinsbeurs aansoekvorm
Verwys asseblief na die Beursjaarboek om die geskiktheidskriteria vir elke beurs to hersien en te sien of jy kwalifiseer om aansoek te done. Neem asseblief kennis dat jy bewys van akfoms sal moet verskaf (stamboominligting).
Laai hierdie tweetalige vorm (ENG/AFR) af en voltooi as jy vir enige van die volgende gesinsbeurse aansoek doen: Anna Juliana THERON; AW SCHUMANN; Ds DH NEETHLING; Elizabeth MARAIS; Elizabeth VILJOEN trust; Frans & Rykie THERON study fund; Johan & Willie SPIES; JP SWART; Petrus VAN ZIJL; en Prof JH NEETHLING.
-
- FORM FAMILY BURSARY-CUG (ENG & AFR) vir huidige studente
- FORM FAMILY BURSARY-PUG (ENG & AFR) vir voornemende studente
NSFAS
- FORM BURSARY ACCEPTANCE Beursaanvarding (slegs ENG)
- FORM propensity letter v1 slegs vir studente wat hul 2023 N+1-status appelleer (slegs ENG)
- FORM service provider Diensverskaffersvorm (slegs ENG)
BEURS TOEGEKEN
- FORM BURSARY ACCEPTANCE (beursaanvarding / slegs ENG)
STUDIELENING
-
LETTER OF AGREEMENT Aanvaardings brief – slegs vir US kollaterale-gestuende studielening (slegs in Engels)
Kontak ons
Enige navraag rakende beurs of befondsing moet eers aan die Studentefinansies Kliëntediens (021 808 3530) gerig word
Wanneer gevra word, kies 1 vir Engels; 2 vir Afrikaanse bystand. Jy kan ook ‘n e-pos stuur na info@sun.ac.za, óf ʼn persoonlike vergadering versoek. Ons konsultante is gereed om jou te help.
Weens die groot hoeveelheid e-posse wat die SVBL ontvang, moet alle e-poskorrespondensie ’n US-studentenommer (#), ’n beursnaam/-verwysing en ’n kort beskrywing in die onderwerpreël bevat, byvoorbeeld, # / Beurs – toelae betaling navraag. Dit sal sorg dat ons jou navraag vinnig en doeltreffend kan beantwoord. Laat asseblief 48 uur toe vir ‘n antwoord.
US Dienstoonbank-portaal navraagkaartjie
Jy kan ook 'n navraag op die US Dienstoonbank-portaal aanteken – dit is gebruikersvriendelik en ontwerp vir maklike toegang tot inligting om 'n vinnige reaksie op jou navraag te verseker.
Hoe om 'n navraagkaartjie aan te teken
- Klik op hierdie Studentefinansies Dienstoonbank-skakel of tik SU Service Desk in jou blaaier. (Let wel die dienstoonbank-portaal is net in Engels beskikbaar.)
- Meld aan met jou US-rekening (as jy reeds 'n US-profiel het). As jy nie 'n US-profiel of aktiewe rekening het nie, skep 'n nuwe rekening (profiel) met 'n geldige e-posadres en wagwoord.
- Kies Student Finances op die dienstoonbankportaal.
- Kies Undergraduate Bursaries.
- Kies die toepaslike navraagtipe en vul die vereiste inligting in wat verband hou met jou navraag. Onthou om jou US# in die opsommingsveld in te sluit.
- Kies Create om die voltooide vorm in te dien.
Jou kaartjie is nou by Studentefinansies aangeteken.
Vir enige navraag en tegniese- of dokumentkwessies tydens die voltooiing van jou 2025 US Befondsingsgeleenthede-aansoek
Skakel asseblief Studentefinansies Kliëntediens op 021 808 3530 of e-pos info@sun.ac.za – stuur asseblief ‘n skermkiekie of ’n gedetailleerde beskrywing van die probleem per e-pos – vir bystand. Onthou om jou US-studentenommer (#) in hierdie onderwerpreël in te sluit: # / SUFO25 aansoek navraag. Laat asseblief 48 uur toe vir ‘n antwoord.
Stellenboschkampus
Fisiese adres
Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 808 9111 (US Kliëntedienssentrum)
info@sun.ac.za
Tygerbergkampus
Fisiese adres
Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00-16:30
+27 21 808 9111 (US Kliëntedienssentrum)
+27 21 938 9129 (SVBL kantoor)
tygbursaries@sun.ac.za
Sentrum vir Voorgraadse Beurse & Lenings (SVBL)
+27 21 808 3530 (Studentefinansies Klientediens)
sunfinaid@sun.ac.za
Alle NSFAS- en FUNZA-beursbystand aan die US, insluitend NSFAS-befondsde studente aan die FGGW
nsfas@sun.ac.za
Slegs 2024 Funza Lushaka aansoeke, modules, en plasingsnavrae, kontak Mev Jeannie Saffier