Enige befondsing or beursvrae? Skakel asseblief Studentefinansies Kliëntediens by 021 808 3530 of teken ‘n navraag op die nuwe Dienstoonbank-portaal.

Wie is ons?

Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) vorm deel van die Afdeling Finansies aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die Sentrum se primêre funksie is om beurse volgens ooreengekome kriteria toe te ken en te bestuur.

Die SVBL se mandaat sluit aan by die volgende institusionele beginsels rakende die finansiële ondersteuning van studente:

  • verbetering van studentesukses deur finansiële ondersteuning
  • bevordering van studentediversiteit deur beurse aan studente uit onder meer die aangewese rassegroepe en sosio-ekonomies benadeelde omgewings, en aan studente met gestremdhede toe te staan
  • verbetering van akademiese uitnemendheid deur aantreklike finansiële ondersteuning aan topstudente te bied
  • befondsingsondersteuning aan studente met finansiële behoefte

Ons span professionele finansiëlehulppraktisyns is daartoe verbind om toegang tot hoër onderwys te verbreed deur voornemende en huidige voorgraadse studente in te lig oor befondsingsgeleenthede wat beskikbaar is om sodoende te sorg dat geen akademies verdienstelike student weens finansiële behoefte verhinder word om verder te studeer nie. Ons verstaan dat die aansoekproses stresvol kan wees en probeer om op ’n deurlopende basis ondersteuning te bied om deurentyd ’n positiewe ervaring te verseker.

Hierdie ondersteuning sluit die volgende in:

  • tydige antwoorde op navrae van studente, ouers, maatskappye en skenkers
  • leiding en bystand aan studente rakende finansiële beplanning
  • toekenning en toewysing van beskikbare fondse
  • finansiële bestuur van finansiële hulp: interne fondse (US-befondsing) en eksterne maatskappye en skenkers se beurse (US- eksterne skenkerbefondsing)
  • bekendmaking van beskikbare finansiële hulp (verwys na die University Yearbook, Part 2 Bursaries and Loans)

Kontak ons

Enige navraag rakende beurs of befondsing moet eers aan die Studentefinansies Kliëntediens (021 808 3530) gerig word

Wanneer gevra word, kies 1 vir Engels; 2 vir Afrikaanse bystand. Jy kan ook ‘n e-pos stuur na info@sun.ac.za, óf ʼn persoonlike vergadering versoek. Ons konsultante is gereed om jou te help.

Weens die groot hoeveelheid e-posse wat die SVBL ontvang, moet alle e-poskorrespondensie ’n US-studentenommer (#), ’n beursnaam/-verwysing en ’n kort beskrywing in die onderwerpreël bevat, byvoorbeeld, # / Beurs – toelae betaling navraag. Dit sal sorg dat ons jou navraag vinnig en doeltreffend kan beantwoord. Laat asseblief 48 uur toe vir ‘n antwoord.

US Dienstoonbank-portaal navraagkaartjie

Jy kan ook 'n navraag op die US Dienstoonbank-portaal aanteken – dit is gebruikersvriendelik en ontwerp vir maklike toegang tot inligting om 'n vinnige reaksie op jou navraag te verseker.

Hoe om 'n navraagkaartjie aan te teken

  1. Klik op hierdie Studentefinansies Dienstoonbank-skakel of tik SU Service Desk in jou blaaier. (Let wel die dienstoonbank-portaal is net in Engels beskikbaar.)
  2. Meld aan met jou US-rekening (as jy reeds 'n US-profiel het). As jy nie 'n US-profiel of aktiewe rekening het nie, skep 'n nuwe rekening (profiel) met 'n geldige e-posadres en wagwoord.
  3. Kies Student Finances op die dienstoonbankportaal.
  4. Kies Undergraduate Bursaries.
  5. Kies die toepaslike navraagtipe en vul die vereiste inligting in wat verband hou met jou navraag. Onthou om jou US# in die opsommingsveld in te sluit.
  6. Kies Create om die voltooide vorm in te dien.

Jou kaartjie is nou by Studentefinansies aangeteken.

Vir enige navraag en tegniese- of dokumentkwessies tydens die voltooiing van jou 2025 US Befondsingsgeleenthede-aansoek

Skakel asseblief Studentefinansies Kliëntediens op 021 808 3530 of e-pos info@sun.ac.za  – stuur asseblief ‘n skermkiekie of ’n gedetailleerde beskrywing van die probleem per e-pos – vir bystand. Onthou om jou US-studentenommer (#) in hierdie onderwerpreël in te sluit: # / SUFO25 aansoek navraag. Laat asseblief 48 uur toe vir ‘n antwoord.

Stellenboschkampus

Fisiese adres

Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

Kantoorure

Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

+27 21 808 9111 (US Kliëntedienssentrum)

info@sun.ac.za

Tygerbergkampus

Fisiese adres

Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

Kantoorure

Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

+27 21 808 9111 (US Kliëntedienssentrum)

+27 21 938 9129 (SVBL kantoor)

tygbursaries@sun.ac.za

Sentrum vir Voorgraadse Beurse & Lenings (SVBL)

+27 21 808 3530 (Studentefinansies Klientediens)

sunfinaid@sun.ac.za

Alle NSFAS- en FUNZA-beursbystand aan die US, insluitend NSFAS-befondsde studente aan die FGGW

nsfas@sun.ac.za

Slegs 2024 Funza Lushaka aansoeke, modules, en plasingsnavrae, kontak Mev Jeannie Saffier

leendert@sun.ac.za