Enige navrae oor befondsing of beurse? Kontak asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal.

US-befondsingsgeleenthede (SUFO) vir 2026 is nou oopgestel vir voornemende studente. Ons ontvang aansoeke vanaf 1 Oktober tot 30 November 2025. As jy ’n NSFAS-student is, moedig ons jou aan om ook hiervoor aansoek te doen.

Hulpbronne

Hulpbronne

As jy nie die hulpbron wat jy nodig het, opgespoor kry nie, bel asseblief vir US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Dienstoonbank se portaal aan (navigeer na “Studentefinansies” en kies die toepaslike soort navraag). Onthou om jou studentenommer of aansoeknommer saam met die beskrywing te verskaf sodat ons jou navraag doeltreffend kan hanteer.

Aansoekproses: US-befondsingsgeleenthede (SUFO)

Hoe om aansoek te doen. “Wees voorbereid” is die wagwoord. As jy ’n ingeskrewe of voornemende voorgraadse student is en jy wil om US-befondsing aansoek doen, is ons beste raad met die aanlyn aansoekproses dat jy eers alle dokumente wat vereis word, bymekaar en gereed kry voordat jy begin.

Die wysste is om lank voor die sluitingsdatum aansoek te doen. Gaan jou e-pos gereeld na vir belangrike terugvoer oor waar jou aansoek in die proses is.

Laai die PDF-gids hier onder af. Dit sit die aansoekproses stap vir stap uiteen en wys watter dokumente jy alles nodig het.

 

Beursproses: NSFAS

NSFAS 2025 toelaes en kritieke beursinligting. Alle studente wat voorlopig befonds word, word versoek om asseblief deeglik kennis te neem van die inligting wat in die pdf uiteengesit word. Dit dek 8 punte:

(1) Aanvaar/weier beurs; (2) Verwerking van toelaes (boek; akkommodasie); (3) Akkommodasieveranderinge en toelae CAP; (4) Dubbele koers en beurskansellasie; (5) Definansiering deur NSFAS; (6) US-Befondsingsgeleenthede; (7) NSFAS-bepalings en -voorwaardes; en (8) Toelaagverdeling, volgens lewensreëling.

 

  • NSFAS24-CBI Kritieke beursinligting (slegs ENG)(hersien AUG24)

Betalingproses: Intellimali

Stappe oor hoe om jou toelae/s te ontvang. Die betaling van toelaes is nie die eerste stap in die beursbetalingsproses nie. ‘n Student sal eers die beurs moet aanvaar, hul lewensreëlings bevestig, en dan seker maak dat hul kontak- en ander besonderhede op hul SUNStudent-profiel opgedateer en korrek is.

Alle beurstoelaes wat deur die US bestuur word, word via Intellimali verwerk. Sodra jou eerste betaling gelaai is, sal jy ‘n PIN van Intellimali ontvang. Die pdf beskryf belangrike stappe in the uitbetaling (betaling) proses.

 

Kontak ons

Enige vrae oor befondsing of beurse?

Teken asseblief teken ’n versoek op ons dienstoonbank se portaal aan. Ons kan jou flink en doelgerig help as jy jou US-studentenommer en ’n duidelike beskrywing van die kwessie insluit en die toepaslike kategorie aandui wanneer jy jou versoek indien.

Andersins kan jy vir US Kliëntediens kontak by 021 808 9111. Hou asseblief in gedagte dat ons ’n groot aantal oproepe ontvang, veral in die besige tydperke, wat kan veroorsaak dat jy langer moet aanhou. Ons waardeer jou geduld en moedig jou aan om die dienstoonbankportaal te gebruik.

Om ’n versoek op die dienstoonbankportaal aan te teken, doen die volgende:

    1. Besoek die dienstoonbankportaal deur “Stellenbosch University Service Desk” in jou webblaaier in te voer of hier te klik.
    2. Teken aan met jou US-besonderhede. As jy nie ’n US-profiel het nie, skep ’n nuwe rekening met ’n geldige e-posadres en ’n wagwoord.
    3. Navigeer na Student Finances (Studentefinansiering) en kies Student Fees (Studentegelde) of Undergraduate Bursaries (voorgraadse beurse).
    4. Vul die navraagvorm in deur jou probleem duidelik te beskryf. Verskaf jou US-studentenommer en heg enige stawende dokumente aan as dit tersaaklik is. Klik dan op Create (skep) om jou aansoek in te dien. Ons stuur vir jou ’n e-pos om te bevestig dat jou aansoek ingedien is.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Let wel:

    Admin A is tydelik gesluit vir aansienlike opknapwerk, wat in 2026 afgehandel behoort te wees. Dit is deel van die US se voortgesette verbintenis daartoe om ons kampusruimtes meer inklusief, toeganklik en studentgerig te maak.

    Admin A-dienste het vir hierdie tydperk verskuif na:  
    Anorganiese Chemie-gebou
    Bosmanstraat, Stellenbosch-sentraal, Stellenbosch 7602

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111