US-befondsingaansoeke word nog verwerk en studente sal teen einde April van die tweede rondte uitslag in kennis gestel word

Lees asseblief die jongste nuus van die Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting (IKBV):

Onmiddellike stappe om verspreiding van COVID-19 te stuit.

As gevolg van COVID-19-infeksies, sal die SVBL slegs studente wat ’n bespreking via die Admin A-gebou se stelsel gemaak het, toelaat om die kantoorarea te betree:

  • Studente word versoek om asseblief bespreking te maak.
  • 'n Virtuele vergadering kan via MS Teams geskeduleer word – dit is ons voorkeurkommunikasiemetode.
  • Oproepe aan die SVBL (Stellenbosch- en Tygerbergkampus) sal deur die US-kliëntediens geantwoord word, wat by 021 808 9111 geskakel kan word.