US-befondsingaansoeke word nog verwerk en studente sal teen einde April van die tweede rondte uitslag in kennis gestel word

2023 Finansiële Hulp e-aansoekproses - hoe om aansoek te doen

Gaan asseblief die instruksies hieronder na en neem noukeurig kennis van die dokumente wat jy benodig om jou aansoek te ondersteun.

Aansoekdatums

Aansoeke vir US befondsing vir 2023 open 1 Julie en sluit nou 30 November.

Aansoekproses

Hierdie is ’n nuwe aanlyn proses wat jou van jou my.sun-rekening na ’n veilige webwerf sal neem om jou e-aansoek te voltooi.

Jy het een geleentheid om aansoek om US-befondsing te doen, so dit is belangrik dat al jou ondersteuningsdokumentasie (maks 2MB per lêer) voltooi is en gereed is om op te laai.

Die vorm neem ongeveer 20 minute neem om te voltooi.

Nadat jy jou aansoek ingedien het, sal jy binne veertien (14) dae ’n e-pos ontvang om jou te laat weet óf dat jou aansoek volledig is, en óf jy dit weer moet indien. Indien jy enige ondersteunende dokumentasie weer moet indien, moet jy dit binne sewe (7) dae doen.

Alle kommunikasie sal na jou e-posadres gestuur word, so onthou asseblief om hierdie in-kassie (inbox) gereeld na te gaan..

US- eksterne skenkerbeurse

Daar is sewe (7) eksterne skenkerbeurse , elk met ’n unieke aansoekvorm. Neem asseblief sorgvuldig kennis van die verskillende sluitingsdatums en vorms wat jy moet voltooi en saam met jou aansoek indien.

Vir meer inligting oor die kriteria om in aanmerking te kom, verwys asseblief na die Beurskalender.

NAAM VAN EKSTERNE SKENKERBEURS SLUITINGSDATUM AANSOEKVORM EN ONDERSTEUNINGSDOKUMENTASIE
DIPPENAAR-FAMILIETRUST 30 November* FORM DIPPENAAR
DORIS CROSSLEY-BEURS 15 September

FORM DORIS CROSSLEY

1STE VERWYSING DORIS CROSSLEY

2DE VERWYSING DORIS CROSSLEY

DU TOIT- HUGENOTE BEURS 15 September

FORM HUGENOTE

MOTIVERING HUGENOTE

BEËDIGDE VERKLARING AFRIKAANSE MODULES

PIET NEETHLING- OPVOEDKUNDIGE BEURS 15 September FORM PIET NEETHLING
RUSSEL BOTMAN-BEURSFONDS 31 November* FORM RUSSEL BOTMAN
SHEILA BRAND-BEURS 30 September FORM SHEILA BRAND
VLAKTE-BEURS 30 September FORM VLAKTE

*nuwe sluitingsdatums

Familiebeurse

Om aansoek te doen om een van die familiebeurse wat hieronder gelys word, moet jy die unieke aansoekvorm*voltooi en die naam van die beurs in die eerste veld op die vorm invul.

Maak asseblief doodseker dat jy al die vereiste ondersteuningsdokumente aangeheg het, en e-pos dan jou aansoek na sunfinaid@sun.ac.za. Dui jou studentenommer in die onderwerpreël aan, bv.“US# / Aansoek om familiebeurs”. Hierdie vorm en ondersteuningsdokumente word per e-pos ingedien en nie via die my.sun-portaal nie..

Vir meer inligting oor die kiesbaarheidskriteria, verwys asseblief na die Beurskalender.

Alle familiebeursaansoeke sluit nou 30 November 

NAAM VAN FAMILIEBEURS BLADSY IN DIE BEURSKALENDER AANSOEKVORM
ANNA JULIANA THERON 30 FORM FAMILY BURSARY
AW SCHUMANN 25
ELIZABETH MARAIS 14
ELIZABETH VILJOEN-TRUST 17
FRANK EN ELIZABETH AULD-BEURSE 33
FRANZ AND RYKIE THERON STUDY FUND 17
FRITZ AND ANNA MOSTERT 14
JOHAN AND WILLIE SPIES 16
JACOBS-FAMILIE 13
LOUIS VON ZEUNER 11
PETRUSA VAN ZIJL 17
PROF JH NEETHLING 15
REV JH NEETHLING 15

Let daarop dat familiebeursaansoeke afsonderlik verwerk word.

Ons moedig dus alle studente aan wat aansoek om ’n familiebeurs doen om ook aansoek om US-befondsing via die nuwe aanlyn proses te doen (sien Hoe om aansoek te doen, punt 3, 'Teken in by die my.sun-portaal' hieronder) om te seker te maak dat jy op die SVBL-finansiëlehulpdatabasis geregistreer is.

Aansoekvorm

Hierdie is die inligtingsvelde wat jy moet invul en/of die relevante dokumentasie wat jy vir jou aansoek moet oplaai.

Gebruik die VOORBEELD e-aansoekvorm as ’n riglyn vir die voorbereiding van die ondersteuningsdokumente wat jy benodig.

  • Verklaring en instemming

Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees om vir US-befondsing in aanmerking te kom.

Beide jy en jou ouer/s of wettige voog/de moet kragtens die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van 2005, ’n finansiële verklaring aflê (d.w.s. of julle onder skuldhersiening of administrasie is, gesekwestreer is, of ongeskik verklaar is ingevolge ’n hofbevel).

Jy word ook vereis om toestemming te gee dat al jou inligting geverifieer mag word deur ’n derde party soos aangestel deur die Universiteit Stellenbosch en dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) die belastingbetalerinligting bekend mag maak wat hulle op rekord het.

  • Lys van inligting en dokumentasie vir jou aansoek

Jy benodig die volgende inligting en voltooide dokumentasie* om jou aansoek te voltooi. Ons stel voor dat jy die alles in ’n vouer op jou rekenaar stoor wat duidelik benoem is – byvoorbeeld, SVBL 2023 finhulp e-aansoek.

*All files must be in jpg, png or pdf format (max. 2MB** per file).

**Nota oor die lêergrootte van dokumente
Dit is baie belangrik dat elke dokument wat jy oplaai nie groter as 2MB is nie. As jou lêer te groot is, moet jy dit asseblief kleiner maak. Verwys na smallpdf vir hulp.

STUDENT SE PERSOONLIKE INLIGTING

  • Jou US-studentenommer, ID-nommer, selfoonnommer, e-posadres
  • ’n NSFAS-verwysingsnommer indien jy aansoek by NSFAS gedoen het of tans ’n NSFAS-beurshouer is
  • ’n Gesertifiseerde kopie van ID
  • ’n Mediese sertifikaat of SASSA as jy ’n gestremdheid het
  • CV ’n Een bladsy lange opsomming van jou CV met enige leierskapsrolle, sportprestasies, en ander toekennings
  • Jou jongste akademiese rekord as jy tans aan ’n ander universiteit studeer

OUER/S 1, 2 OF WETTIGE VOOG/DE 1, 2 SE INLIGTING vir elke ouer/wettige voog

  • ID-nommer, selfoonnommer, e-posadres
  • ’n Doodsertifikaat indien afgestorwe is
  • ’n Gesertifiseerde kopie van ID
  • ’n Inkomstebeskrywing: Bewys van inkomste en maandelikse inkomste voor belasting (salarisstrokie / ITA34 / beëdigde verklaring van informele inkomste, insluitend watter soort – bv. groenteverkoper/huishoudelike werker), of werkloosheid (beëdigde verklaring / afdankingsbrief / WVF-brief), of kinderonderhoud (onderhoudsooreenkoms) of pensioen/SASSA (brief van die bank / bankstaat wat duidelik die maandelikse bedrag toon)

GESINSINLIGTING

  • Bewys van skeiding, of egskeiding (egskeidingsbevel*), of vervreemding van huwelikstatus of ouers/wettige voogde en onderhoudsooreenkoms indien van toepassing
  • Bewys van universiteitsregistrasie vir enige broers of susters, slegs drie (3)

*slegs die een bladsy gemerk Finale Bevel van Egskeiding met die verklaring/handtekeninge

GADE SE INLIGTING indien jy getroud of ’n weduwee/wewenaar is

  • ’n Doodsertifikaat indien afgestorwe is
  • ID-nommer, selfoonnommer, e-posadres
  • ’n Gesertifiseerde kopie van ID
  • ’n Inkomstebeskrywing: Bewys van inkomste en maandelikse inkomste voor belasting (salarisstrokie / ITA34 / beëdigde verklaring van informele inkomste, insluitend watter soort – bv. groenteverkoper/huishoudelike werker), of werkloosheid (beëdigde verklaring / afdankingsbrief / WVF-brief), of kinderonderhoud (onderhoudsooreenkoms) of pensioen/SASSA (brief van die bank / bankstaat wat duidelik die maandelikse bedrag toon)

EKSTERNE SKENKERBEURSE

Die unieke aansoekvorm** waar versoek:

Dippenaar-familietrust, Russel Botman-beursfonds.

*Laai net die unieke eksterne skenkerbeurs aansoekvorm; moet asseblief nie enige ondersteuningsdokumente oplaai wat voorheen aangevra is nie. Byvoorbeeld, as jy jou eerste ouer se ID of bewys van inkomste onder Ouer/Wettige Voog 1 se Inligting opgelaai het, moet dit nie weer oplaai nie, selfs al versoek die unieke eksterne skenkerbeursvorm dit. Dokumente wat in duplikaat opgelaai word, sal tot ’n lêergroottefout lei en jou aansoek mag dan moontlik nie verwerk word nie.

Neem asseblief kennis dat alle aansoeke om die volgende beurse op 30 September gesluit het: Doris Crossley-beurs, Du Toit- Hugenote Beurs, Piet Neethling- Opvoedkundige Beurs, Sheila Brand-beurs, en Vlakte-beurs.

Hoe om aansoek te doen

1. DOEN NAVORSING OOR BEURSOPSIES

Lees deur die Beurskalender. Neem kennis van die verskillende kriteria om in aanmerking te kom.

2. DOKUMENTASIE

Voltooi en kry al die nodige ondersteuningsdokumentasie gereed wat relevant is tot jou persoonlike omstandighede en stoor dit op jou rekenaar in ’n vouer wat duidelik benoem is (bv. SVBL 2023 finhulp e-aansoek). Dit sluit enige unieke aansoekvorms, verwysings- en/of motiveringsbriewe, en/of beëdigde verklarings in soos aangedui vir eksterne skenkerbeurse waar die aansoekproses via die my.sun-portaal geskied.

3. TEKEN IN BY DIE MY.SUN-PORTAAL

Teken in met jou unieke 8-syfer US-studentenommer en wagwoord.

Lees die inleiding tot E-aansoeke om Finansiële Hulp vir 2023 en kliek op “Doen aansoek”. Dit sal jou na die e-aansoekvorm neem.

Volg die instruksies en maak seker dat jy die korrekte dokumentasie oplaai wanneer jy daarvoor gevra word.
Dit sal jou ongeveer 20 minute neem om te voltooi.

Onthou, jy het slegs een geleentheid om hierdie aansoek te voltooi.
Daar is geen opsie om jou aansoek te stoor en weer later terug te keer sodra jy op “Dien in” gekliek het nie.

    Enige probleme?

    Vir enige tegniese kwessies, skakel asseblief 021 882 9872 of e-pos techsupport@su-bursaries.online vir hulp.

    Vir algemene- of dokumentnavrae, skakel asseblief 021 808 9111 of e-pos info@sun.ac.za vir bystand met die onderwerpreël ‘US 2023 finansiële hulp aansoek’.

    Kantoorure Maandag tot Vrydag, 08:30 – 16:00

    Kontak ons

    Enige navraag rakende finansiële hulp moet eers aan die US Kliëntekontaksentrum (021 808 9111) gerig word.

    Jy sal vervolgens ingelig word oor die beste kommunikasiekanaal, hetsy ’n oproep wat na die SVBL oorgeplaas word, ’n e-pos of ’n persoonlike konsultasie.

    Stellenboschkampus

    Fisiese adres

    Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 808 9111

    info@sun.ac.za

    Tygerbergkampus

    Fisiese adres

    Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

    Kantoorure

    Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

    +27 21 938 9129 / 21 808 9111

    tygbursaries@sun.ac.za

    Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL)

    sunfinaid@sun.ac.za

    Alle en net NSFAS en FUNZA- beursbystand aan die US (insluitend NSFAS-/FUNZA-studente aan die FGGW)

    nsfas@sun.ac.za

    Weens die groot hoeveelheid e-posse wat die SVBL ontvang en hanteer, moet alle e-poskorrespondensie ’n studentenommer, ’n beursnaam/-verwysing en ’n kort beskrywing in die onderwerpreël bevat..

    Byvoorbeeld: ‘SU#12345678 / NSFAS – versoek om verandering in verblyfvorm’ Dit sal sorg dat ons jou navraag vinnig en doeltreffend kan beantwoord.

    Huidige beurstudente word versoek om asseblief ’n bespreking te maak..
    'n Virtuele vergadering kan via MS Teams geskeduleer word (dit is ons voorkeurkommunikasiemetode).