Alle studente wat aansoek gedoen het vir 2024 US-Befondsingsgeleenthede hierdie jaar sal teen einde Junie ‘n uitkoms-e-pos ontvang.

Banklenings as befondsingsopsie

Finansiële instellings bied lenings aan studente om vir hulle studies te betaal. As student kan die bank van jou verwag om fooie en rente te dek terwyl jy studeer en om dan daarna die kapitaal aan die bank terug te betaal volgens die stipulasies in die bank se bepalings en voorwaardes.

Kollateraal-gesteunde studielening vir studente wat finansieel belas is

 

Die US kollateraal-gesteunde studielening (’n lening wat deur die Universiteit Stellenbosch gewaarborg word) is ’n inisiatief wat deur die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is. Dit dien as ’n oplossing tot die finansiële uitdagings wat studente wat deur NSFAS befonds word in die gesig staar as gevolg van tekorte in die verblyftoelae, sowel as dié van studente wat deel vorm van die sogenaamde 'vermiste middel’*.

Die aansoekproses neem jou na ’n enkele platform wat jou met verskeie befondsingsopsies help, insluitend gespesialiseerde lenings spesifiek vir studieprogramme in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) – wat geen kollateraal vereis nie – en kollateraal-gesteunde lenings wat deur die Universiteit in samewerking met die betrokke bank of finansiële instelling verskaf word.

Alle huidige en voornemende voorgraadse studente kwalifiseer om aansoek te doen. Ons moedig veral studente wat tans deur NSFAS befonds word, of studente wat in die komende akademiese jaar vir NSFAS-befondsing aansoek gaan doen, asook huidige en voornemende studente wat deel van die ‘vermiste middel’ vorm, om aansoek te doen.

Die aansoekvorm** is intuïtief, maklik om te volg en neem ongeveer 15 minute om te voltooi. Jy benodig jou unieke agtsyfer-US-nommer om die vorm in te vul en jy sal versoek word om ondersteuningsdokumente op te laai.

Indien jy enige navrae het oor die studielening-aansoekproses, stuur asseblief ʼn e-pos na hello@studenthero.co.za of ’n WhatsApp na https://wa.me/27615853490. En onthou om jou US-studentenommer in alle korrespondensie aan te dui.

*’n student uit ’n huishouding waar die huishoudelike inkomste tussen R350 000 en R600 000 per jaar is; of indien meer as een student in die huishouding aan ’n universiteit studeer, waar die huishoudelike inkomste tussen R600 000 en R1 miljoen per jaar is
**tans slegs in Engels beskikbaar

Sou ’n voornemende of huidige voorgraadse student onsuksesvol wees om ’n studentebanklening te bekom, kan hulle skarefinansiering deur feenix oorweeg. Feenix is ’n aanlyn fondsinsamelingsplatform wat in Junie 2017 gestig is in reaksie op die #FeesMustFall-beweging wat in 2015 en 2016 oor universiteitskampusse in Suid-Afrika versprei het. Feenix, waarvan Standard Bank ’n stigtersvennoot is, glo dat toegang tot onderrig nie afhanklik moet wees van hoe ryk ’n mens is nie. Die platform voorsien studente van die gereedskap om hulle fondsinsamelingspogings te formaliseer en voorsien befondsers van ’n kanaal om studente op te spoor wat hulle wil ondersteun.

Student Hero

Wees jou toekomstige self vroeer met Student Hero

Stellenbosch Universiteit werk saam met Student Hero om ons studente en hul gesinne te help om aansoek te doen, te kwalifiseer, en bekostigbare studentefinansieringsoffertes van die Suid-Afrikaanse banke en alternatiewe finansieringsverskaffers te vergelyk. Dit word gedoen vanaf 'n enkele platform sonder enige koste aan jou.

Student Hero bestaan uit 'n liga van professionele persone wat elk gespesialiseerd is in hul veld. Dit beteken dat hul advies holisties is, hul oplossings kreatief is, en hul waarde ongeëwenaard is.

Vir meer inligting, besoek die studenthero.co.za-webwerf* of ‘n epos hello@studenthero.co.za. Alternatiewelik, indien jy meer wil leer oor en aansoek wil doen vir bekostigbare befondsing, WhatsApp https://wa.me/27615853490 of klik die ‘Doen Aansoek’ skakel* hieronder. *Alle inligting is slegs in Engels beskikbaar

Capitec

Capitec bied studentefinansiering aan studente wat voorgraadse studies aan die Universiteit Stellenbosch wil voltooi.

Die inligting hieronder is verskaf deur die diesnverskaffer, Capitec. Neem asseblief kennis dat die Universiteit Stellenbosch en SVBL glad nie betrokke is by die aansoek, keuring, of administrasie van enige Capitec-studentefinansiering nie.

Ontdek jou potensiaal met Capitec se studentefinansiering

Verseker jou toekoms met Capitec se studentefinansiering! Jy kan tot en met R500 000 se finansiering kry teen ’n vaste, lae rentekoers, en 84 maande om dit terug te betaal.

Sien gerus of jy kwalifiseer in 3 maklike stappe, of doen nou aanlyn aansoek .

 

Hoekom moet ek Capitec se studentefinansiering gebruik?
  • Laer maandelikse betalings wat jou sak sal pas
  • Doen aansoek aanlyn, of by jou naaste tak – die keuse is joune
  • Ons betaal die geld direk oor aan jou gekose instansie sodat jy nie daaroor hoef te bekommer nie
Hoe werk dit?
  1. Kyk of jy kwalifiseer en hoeveel jy kan kry
  2. Indien jy kwalifiseer, sal ons na jou toe uitreik om jou aansoek te finaliseer
  3. Sodra jou aansoek suksesvol is, sal ons jou gekose instansie namens jou betaal
  4. Jy betaal die krediet terug deur gebruik te maak van ’n maandelikse debietorder.
Hoe doen ek aansoek?


Jy kan die QR-kode hierbo skandeer, of aanlyn aansoek doen, en binne vyf minute ‘n antwoord ontvang. Jy kan ook vir ons ’n e-pos by info@capiteceducationfinance.co.za stuur vir meer inligting.

Vir meer inligting, besoek capiteceducationfinance.co.za of stuur vir ons ‘n e-pos na info@capiteceducationfinance.co.za.

Nedbank studente lenings

’n Buigsame oplossing vir voltydse of deeltydse studies

  • Ons lenings is vir voltydse of deeltydse studente geskik
  • Jy kan jou studielening terugbetaal terwyl jy studeer of wanneer jy jou studies voltooi het
  • Jy kan ook voordeel trek uit spesiale rentekoerse wat aan jou akademiese prestasie gekoppel is

Standard Bank-studentelenings

Standard Bank bied drie soorte studentelenings aan wat dit vir groot hoeveelhede studente moontlik maak om verder te studeer en hulle droomloopbaan na te jaag.

 

OPSIES

1. Studentelening sonder borg

Hierdie studentelening stel jou in staat om sonder ’n ouer of voog vir befondsing te kwalifiseer.

Voordele

  • hierdie lening dek klasgelde, handboeke en studietoerusting, verblyf en bestaande historiese skuld
  • bekostigbare rentekoerse
  • geen terugbetalings terwyl jy studeer nie

Hoe werk dit?

  • jy moet ’n kliënt van Standard Bank wees. As jy nie ’n bankrekening by hulle het nie, kan jy aanlyn op Standard Bank se webwerf aansoek doen
  • jou bruto huishoudelike inkomste moet minder as R600 000 per jaar (minder as R50 000 per maand) wees
  • jy moet ’n derdejaarstudent of hoër in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, wiskunde, handel of gesondheidswetenskappe wees, of ’n vyfdejaarstudent of hoër in geneeskunde

Doen aanlyn aansoek

Eerstens moet jy die volgende dokumente gereed hê:

  1. ’n Afskrif van jou Suid-Afrikaanse ID
  2. Bewys van woning, nie ouer as drie (3) maande nie
  3. Bewys van bruto huishoudelike inkomste
  4. Bewys van jou jongste akademiese uitslae
  5. Jou Universiteit Stellenbosch-registrasiebrief
  6. Indien jy befondsing vir handboeke en studietoerusting benodig, bewys van koste as dit meer as R6 000 is
  7. Indien jy befondsing vir verblyf benodig, jou huurooreenkoms wat die verblyfkoste aantoon
  8. ’n Universiteitstaat wat die koste van jou klasgelde of koshuisverblyf aantoon (indien befondsing benodig word)

kliek dan DOEN AANSOEK om jou aansoek te voltooi.

2. Studentelening vir voltydse studente

Hierdie studentelening is vir voltydse studente en benodig ’n borg om die studentelening saam met die student te onderteken. Jou borg kan ’n ouer, voog of enigiemand wees wat bereid is om saam met jou te onderteken.

Voordele

  • hierdie studentelening stel jou in staat om plaaslik of in die buiteland te studeer. Dit kan ook gebruik word om ’n privaat vlieënierlisensie te befonds
  • lae rentekoerse
  • geen maksimum klasgelde nie

Hoe werk dit?

  • jou borg moet ’n minimum inkomste van R3 000 per maand verdien
  • jou borg is verantwoordelik daarvoor om die rente en fooie te dek terwyl jy studeer of as jy versuim om jou terugbetalings te maak
  • jy sal ’n grasietydperk van ses (6) maande na voltooiing van jou studies ontvang om die leningterugbetalings oor te neem

Doen aanlyn aansoek

Eerstens moet jy die volgende dokumente gereed hê:

  1. ’n ID-afskrif (beide die student en borg)
  2. Bewys van woning, nie ouer as drie (3) maande nie (beide die student en borg)
  3. Drie (3) maande se salarisstrokies (die borg), en drie (3) maande se bankstate indien die borg nie by Standard Bank bank nie
  4. Bewys van jou jongste akademiese uitslae
  5. Jou Universiteit Stellenbosch-registrasiebrief
  6. Jou aanvaardingsbrief of bewys van registrasie vanaf die Universiteit Stellenbosch
  7. Bewys van die koste van jou klasgelde, verblyf en handboeke en/of toerusting

kliek dan DOEN AANSOEK om jou aansoek te voltooi.

3. Studentelening vir deeltydse studente

Hierdie studielening is ideaal as jy deeltyds wil studeer en voltyds werk.

Voordele

  • jy kan jou studentelening verseker in geval van dood, ongeskiktheid of gevreesde siekte
  • bekostigbare rentekoerse
  • geen maksimum klasgelde nie

Hoe werk dit?

  • jy moet ’n minimum maandelikse inkomste van R5 000 verdien om te kwalifiseer
  • jy sal die lening moet terugbetaal terwyl jy studeer

Doen aanlyn aansoek

Eerstens moet jy die volgende dokumente gereed hê:

  1. ’n ID-afskrif
  2. Bewys van woning, nie ouer as drie (3) maande nie
  3. Drie (3) maande se salarisstrokies, en drie (3) maande se bankstate indien jy nie by Standard Bank bank nie
  4. Bewys van jou jongste akademiese uitslae
  5. Jou Universiteit Stellenbosch-registrasiebrief
  6. Jou aanvaardingsbrief of bewys van registrasie vanaf die Universiteit Stellenbosch
  7. Bewys van die koste van jou klasgelde, verblyf en handboeke en/of toerusting

kliek dan DOEN AANSOEK om jou aansoek te voltooi.

Het jy enige vrae?

Lees Standard Bank se studentelening -artikel om meer te leer oor studentelenings en hoe dit werk.

Kontak ons

Enige navraag rakende beurs of befondsing moet eers aan die US Kliëntekontaksentrum (021 808 9111) gerig word

Jy sal vervolgens ingelig word oor die beste kommunikasiekanaal, hetsy ’n oproep wat na die SVBL oorgeplaas word, ’n e-pos of ’n persoonlike konsultasie.

Vir enige tegniese kwessies tydens die voltooiing van jou 2024 US Befondsingsgeleenthede-aansoek

Stuur asseblief ‘n skermkiekie of ’n gedetailleerde beskrywing van die probleem per e-pos na sufunding@studenthero.co.za.

Vir enige algemene- of dokumentkwessies tydens die voltooiing van jou 2024 US Befondsingsgeleenthede-aansoek

Skakel asseblief 021 808 9111 of e-pos info@sun.ac.za vir bystand.

Stellenboschkampus

Fisiese adres

Admin A-gebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch 7600

Kantoorure

Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

+27 21 808 9111

info@sun.ac.za

Tygerbergkampus

Fisiese adres

Kliniese Gebou, Francie van Zijl-rylaan, Tygerberg 7505

Kantoorure

Maandag tot Vrydag 08:00-16:30

+27 21 938 9129 / 21 808 9111

tygbursaries@sun.ac.za

Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL)

sunfinaid@sun.ac.za

Alle NSFAS- en FUNZA-beursbystand aan die US, insluitend NSFAS-befondsde studente aan die FGGW

nsfas@sun.ac.za

Slegs 2024 Funza Lushaka aansoeke, modules, en plasingsnavrae, kontak Mev Jeannie Saffier

leendert@sun.ac.za

E-pos korrespondensie

Weens die groot hoeveelheid e-posse wat die SVBL ontvang, moet alle e-poskorrespondensie ’n US-studentenommer, ’n beursnaam/-verwysing en ’n kort beskrywing in die onderwerpreël bevat, byvoorbeeld, ‘12345678 / NSFAS – toelae betaling navraag’. Dit sal sorg dat ons jou navraag vinnig en doeltreffend kan beantwoord.